Hoofstuk 1
Aiden vou die begrafnis briefie met Amalia se gesig daarop in vier ewe groot dele.Amper outomaties steek hy dit baie diep in sy hemp se sak. Hier styf teen aan sy hart lê die foto van die vrou wat van hulle kinderdae af al sy gedagtes en hart gedomineer het. Oomblikke lank wag hy vir die trane om te kom, maar dit kom nie al vir dae nie. Om die waarheid te sê hy het nog nie ‘n enkele traan gestort van die oproep drie uur die oggend op daardie Maandag nie.
"Jou monster!.....Dis alles jou skuld. Jou hart is so hard soos ‘n klip! Dis alles jou skuld!" Weergalm Ivy se woorde weer deur sy kop.Sy het hom vanoggend soos ‘n sleg hond by die begrafnis weg gejaag.’n Lewensmoegheid lê diep in die amandel groen oë.
Die harde klop aan die voordeur onderbreek sy donker gedagtes. Die donderstorm buite klink aansienlik harder as oomblikke gelede. Aiden besef dat die persoon by die deur seker deur week is van die reën. Hy haas hom na die groot hout voordeur. In die donker nag so nat soos ‘n hoender staan sy buurman Stefan Bouer in ‘n helder geel reënjas. Die diep kommer op sy gesig bereik ook sy grys oë.
"Naand jammer om so laat te pla. "Aiden hou ‘n droë handdoek na sy veel ouer buurman uit. "Kom in, kom in wat skort?" Stefan droog die ergste nat af, voor hy verder praat. "Die nuwe skool juffie het nooit op gedaag nie. Ons soek al van vroeg skemer af na haar, wil jy en Duke nie kom help nie asseblief?"Aiden soek vlugtig deur die gang laaie vir baterye vir die twee groot flitsligte.Na ‘n ruk se geskarel vrae hy terug oor sy skouer wanneer hulle haar verwag het.
Stefan trap ongeduldig rond. "Al vier uur, maar geen kind of kraai het al van haar gehoor nie. "Stefan sak sy kop en kyk verleë na sy gekreukelde hande. "Haar vader het haar veiligheid aan my toe betrou. Ek sal darem vreeslik aandadig voel as iets met daardie meisiekind gebeur het." Aiden pluk sy geel reënjas aan, hy weet baie goed dat Olifantskloof geen plek is vir 'n jong meisiekind om in te verdwaal nie. Veral nie in die dokerte van die nag nie. "Nou ja , laat ons haar gaan op spoor, hier staan skuld uitdeel gaan niks bereik nie. Hy gee sy vriend ‘n bemoedigende glimlag, voor hulle by die deur uit verdwyn.
Die reën water stort op Lucinda Jacobs neer.Al hoesend beur sy haar swak liggaam op. Die reënwater het ‘n pad van haar neus tot in haar longe gebrand.Dit voel vir haar of haar kop enige oomblik gaan oop breuk. Met elke hoes loop daar groot hoeveelhede water by haar mond en neus uit. Liewe hemel so naby aan versuip was sy in haar lewe nog nie.
Versigtig voel, voel sy aan haar agterkop.Die oorsprong van haar verskeurende hoofpyn.Helder rooi vloeistof suipel deur haar vingers. Sy maak ‘n poging om haar oë gefokus te kry die bloed aan haar vingers het so vinnig weg gewas in die reën dat net die geklop in haar kop dit nog ‘n realiteit maak. Sy kyk benoud om haar rond die nag is donker en onheilspellend. Haar hart sak in haar skoene met die besef dat daar geen teken van haar bagasie is nie.
Stelselmatig vul flitse van haar onderbroke geheue haar kop. Daar was vier van hulle….haar hart gaan van vooraf op hol. Met ‘n keel wat dreig om toe te trek herleef sy die hele episode. Hulle walglike reuk hang nog vars in haar neus. Angs en vrees vang weer haar hele wese vas, daar is beweging agter haar in die donker. Die bosse ritsel hard voor ‘n groot donker figuur te voorskyn kom. ’n harde gil breek vir ‘n oomblik deur die geraas van donderslae en reën. Lucinda hoor haar eie stem wat ver af en onwerklik klink, voor sy weer in donker duisternis indompel.
Duke druk sy koue nat snoet in die bewustelose meisie se nek. Hy gee ‘n paar bevestigende snuffels voor hy pligsgetrou langs haar gaan sit. Stefan is eerste by die was bleek figuur. "Jong Aiden, hierdie wolfhond van jou het ‘n neus soos geen ander. Aiden bekyk die bloed wat van onder die donkerkop meisiekind se kop uit spoel. "Ons sal haar by die dokter moet kry, sy het baie bloed verloor." Met een gemaklike beweging het hy die weerlose liggaam in sy arms op geraap. "Kom Duke nou sal jy weer vir ons die pad terug moet wys ou grootte." Paai Stefan terwyl hy die groot hond oor die kop streel.
Lucinda herwin elke nou en dan haar bewussyn voordat sy weer die donker in dompel. Sy is bewus van iemand se liggaamshitte hier teenaan haar wang. Haar liggaam bewe onbeheerbaar en sy kruip kort kort stywer teenaan die warm liggaam wat haar dra, die wiegende beweging van elke tree maak haar naar. "Ag Here Jesus asseblief laat ek tog veilig wees! "Is haar laaste heldere denke voor die donker weer kom.
Aiden dra die steeds bewustelose juffroutjie na een van sy spaar kamers. Met dokter Teunise die berg op, om Hentie te help met die bevalling het hy en Stefan geen keuse as om maar self moue op te rol en te dokter nie. Stefan neem die leiding so vinnig op dat jy nooit sou kon raai dat die ou dokter al vyftien jaar af getree is nie. Aiden sit hand by waar hy kan ,teen vieruur is hulle klaar gespook. Stefan was sy hande in die skottel warm water. "Wel, nou het ons alles gedoen wat ons kon, dis nou in die Vader se hande."
"Moenie weer met daardie geloof nonsens hier kom nie Stefan, jy weet jy mors net jou asem!"
Stefan sug hardop .Sy sug is een van magteloosheid. Met moeë liggame seil hulle die trappe af. In die kombuis sit Aiden vir hulle water op vir vars koffie. In stilte geniet hulle die wel verdiende boeretroos.
Stefan bid saggies by homself, soos altyd as hy en Aiden koppestamp oor die Here. Hy weet dat geloof iets is wat Aiden al jare terug verloor het. Seker nog die selle nag as sy ouers se moord. Daardie donker dag het daardie rowers nie net 'n motor gesteel nie maar ook 'n nege jarige seun se geloof in ales wat God is. Aiden kon die tragedie nooit verwerk nie.
Hy sluk swaar aan al die kere wat Aiden hom al direk gevra het:" Nou sê my nou waar was jou Here dan nou?" Hy wat Stefan Bouer is was nog nooit 'n geleerde man van die Woord nie. Selde het hy 'n ander antwoord vir Aiden gehad as "Die Here weet hoekom."
"Ag Here Jesus wees tog barmhartig teenoor Aiden. Here U weet aleen wat hy al deur gemaak het in sy donkerste uur het U hom gedra al besef hy dit tog nie nou nie. Vader weer vra ek dat U aan sy hart sal werk sodat hy sy pad terug na U sal vind AMEN!....en..... Amen!"
Die foon in die gang onderbreek eerste die hangende stilte. Stefan spring so vinnig op dat hy byna sy hele koppie koffie op sy skoot uit gooi. "O…hemel dis seker Liena wat wil weet waar ek draai? Sy het gesê sy gaan hierheen skakel sodra daar nuus is. Jy gee tog nie om nie nê? "
Aiden skud net sy kop afgetrokke. Om die waarheid te sê hy hoor nie ‘n woord wat Stefan sê nie. Sy gedagtes is by die asemrowende donkerkop wat nou in die spaar kamer lê. So broos,so weerloos, so onweerstaanbaar mooi. Haar lang donker krulle in kontras met haar melkwit vel haar vol ronde mooi mond wat so perfek krul. En daardie onvergeetlike lug blou oë ,wat hy slegs enkele oomblikke gesien het. Hy vat die laaste sluk van sy beker koffie voor hy ‘n minagtende snork gee. "Vroumense!" Hy dink aan die skone Amalia wat hom ook nader gelok het met haar besondere skoonheid en toe aan die neus rond gelei het voor sy hom die finale nek slag toe gedien het. Tierwyfies almal van hulle besluit hy net daar en dan baie mooi om na te kyk maar ‘n te dodelike byt.
Stefan draf die kombuis binne so opgewonde dit lyk of hy enige oomblik uit sy nate gaan bars. "Liena sê die baba is hier ‘n stewige 3.5 kilogram knaap. Nou wragtig sy oupa se bulletjie." Aiden wens die trotse oupa geluk met die nuwe erfgenaam. Hy kan nie help om ook maar aangesteek te word deur Stefan se opgewondenheid nie. Soos tradisie onder hulle mense gooi hy vir hulle elkeen n lekker sterk whiskey en oor handig aan Stefan ‘n sigaar. Saam saam staan die twee mans ewe breë bors en vuur die nuweling tot hulle klein selektiewe gemeenskapie. Net mense met die grond in hulle bloed kies om 'n lewe te maak hier in Olifantskloof. Daar was al 'n paar vreemdes wat hier probeer nesskrop het maar, hulle almal het teen die tweede winter vinnig opgepak. Hulle hele gemeenskap nie meer as vyftig mense nie. 'n Ware gemeenskap, mense wat omgee vir mekaar...meeste van hulle hier gebore en groot gemaak.