Die Jagter van Olifantskloof by Brenda Botha - HTML preview

PLEASE NOTE: This is an HTML preview only and some elements such as links or page numbers may be incorrect.
Download the book in PDF, ePub, Kindle for a complete version.

Hoofstuk 10

Lucinda het skaars die foon terug op die mikkie geplaas toe die deurklokkie lui.Tanie Miemie se mollige lyfie wagel vinnig tot by die deur. Voor die deur staan twee polisiekonstabels. Tant Miemie kyk die twee mans verdag aan. "Kan ons help menere?" Die lang maer konstabel met die dik swart snor steek sy hand na haar uit. "Konstabel Smit mevrou en my kolega is konstabel Swart." Hy wys na die ander konstabel wat omtrent net so breed as wat hy lank is. Hy mompel 'n groet. "Kan ons asseblief in kom?" Praat die lang maer konstabel weer. Tant Miemie trek haar wenkbroue skerp op . "Wat is julle besigheid hier konstabel? "Vra sy nou openlik vyandig. Die konstabel trap ongemaklik rond. Maar herwin dan vinnig weer sy durf en moet. "Ons is hier om meneer Sonnekus te aresteer." Tant Miemie is onmiddelik op haar agter voete. "Vir wat? Hoeveelkeer moet ons nou nog vir julle verduidelik dat hy nie verantwoordelik is vir Amalia se dood nie. Hoeveel keer moet ek nou nog verklarings aflê om vir julle te bewys dat ek hier was die nag toe sy hier weg geloop het. Ja menere weg geloop het soos 'n dief in die nag. Omdat sy nie die moet gehad het om my kind in die oë te kyk met haar verraad nie. Sy kon hom nie sê hoe sy hom al vir maande veraai het met 'n ander man nie. Hoe sy haarself in die ander tyd gevind het met haar skelm minaar se kind. Nee menere as julle weer met hierdie stories begin beter julle hierdie keer bewyse hê. Anders sleep ek wragtig die hele spul van julle hof toe." Lucinda luister geskok na die verhaal wat Aiden se hart verbrokkel het. Dit laat haar hart ineenkrimp. Hoe kon sy Aiden wou veruil vir 'n ander man. Sy moes waansinnig gewees het. Die lang maer konstabel is nou ook vyandig. Hy tree gevaarlik nader sy neus amper teen aan tanie Miemie se voorkop. Maar dit skrik die kort vroutjie nie af nie, en sy staan haar staan. "Nee mevrou ons is hier om meneer Sonekus te aresteer vir die moord op Richard Vermeulen." Hy glimlag lelik." U kan hom tog sekerlik onthou? Hy is die genoemde skelm minaar wat uit u kleurvolle verhaal kom. As vir Mejuffrou Amalia daar is nuwe bewyse wat daarop dui dat sy vergiftig was met die doel om haar ongebore baba af te bring. En wie anders het rede gehad om ontslae te raak van die baba behalwe meneer Sonnekus? So ons sal hom daaroor ook onder vra. Ons wag juis vir die forensiese oproep om te bevestig dat dit 'n oordosis van die gifmiddel was wat haar gedisoriënteerd gelaat het. En dit blyk die eintlike rede vir haar ongeluk." Hy sien dat sy woorde haar van stryk gebring het. "Nou gaan u ons laat in kom of moet ons 'n lasbrief bring? U sal dinge vir meneer Sonnekus net vermoeilik as u nie saam werk nie.". Tant Miemie hou die deur teensinnig vir die konstabels oop. Binne wil hulle onmiddelik weer weet waar Aiden is." Aiden is al van gister af vermis menere."Antwoord Tant Miemie parmantig. Die konstabel is onmiddelik omgekrap en beskuldig hulle dat hulle 'n voorvlugtige van die gereg versteek. Tant Miemie probeer hulle nie verder anders oortuig nie. Nie eers wanneer hulle dreig om hulle altwee in die tronk te smyt nie. Sy gaan sit net om die kombuis tafel waar die vet konstabel haar en Lucinda heen gebied het. Lucinda wonder of oom Stefan al haar boodskap gekry het. Konstabel Swart pas hulle op terwyl konstabel Smit die huis deeglik deursoek vir Aiden. Na hy niks in die huis kon vind nie beveel hy die ander konstabel om, om die huis te loop en te kyk vir enige voetspore. Die ronde konstabelkie gehoorsaam dikbek, hy het duidelik nie lus om in die koue buite te gaan soek terwyl sy kolega binne die warm huis bly nie.

"Sien ek het julle gesê hy is nie hier nie." Snou tant Miemie hulle toe na die tweede een terug keer van buite af en sy skouers vir die andereen optrek.

"Hallo!" Oom Stefan staan skielik in die deur. Die hoof konstabel beveel hom om in te kom."Wie is jy? En wat kom maak jy hier?" Ondervra hy oom Stefan sodra sy voete in die huis is. Oom Stefan verduidelik die situasie en dat hy hier is om die hond te kom haal. Dit vat baie oorreding voor die konstabel instem om oom Stefan weer te laat gaan maar hy besluit dat een van hulle moet agter bly om Lucinda hulle op te pas net ingeval dit alles deel is van 'n groot slinkse plan , die ander een moet saam met oom Stefan. Konstabel Smit begin al hoemeer wonder of die oproep van Mevrou Steenkamp nou regtig meriete dra. Want al die bewyse dui daarop dat meneer Sonnekus wel vermis is en nie vlug van die gereg nie. Maar hy sal binnekort die waarheid weet. Hy sê vir die ronde konstabeltjie wat agter bly om sy oë en ore oop te hou

Lucinda en tant Miemie voel altwee baie verlig toe oom Stefan en die span uiteindelik vertrek. 'n Klein bietjie hoop flikker in hulle harte op dat Aiden tog veilig gevind sal word. Lucinda stuur 'n skiet gebedjie op, dan dwaal haar gedagtis terug na die konstabel se verhaal van vroer. Wat het regtig met Amalia gebeur? Wie het haar vergiftig? Dink tant Miemie dit was Aiden en is dit hoekom sy die konstabels in die huis toe gelaat het sonder die lasbrief? Die een oomblik het sy nog teen die prikels geskop en die volgende gelate oor gegee. Sy stoot die afgryslike gedagte opsy. Nee Aiden sou nooit so iets doen nie. Nooit nie! En enigeiemand wat so dink ken hom definitief nie. Tant Miemie vat haar hand en druk dit liggies. Sy skud haar kop asof sy Lucinda se gedagtes kon lees. Dan glimlag sy gerusstellend vir haar , en die benoudheid van oomblik gelede verdwyn.

Konstabel Smit het besluit om self die manne die berg op te volg. 'n hele paar keer moet oom Stefan Duke inhou sodat die konstabelkie kan op vang. Hy sukkel maar om deur die digte onbekende woud te beweeg. Twee of drie keer gryp hy oom Stefan aan die arm en hou vir lank vas. Dit laat oom Stefan dink dat die mannetjie bang is hulle laat hom net daar in die berg en verdwyn. Nie dat die idee nie 'n paar keer by hom op gekom het nie. Oom Stefan grinnik hardop vir die gedagte. Die konstabel kyk hom agterdogtig aan. "Hierdie beter nie 'n "wild goose chase" wees nie." Oom Stefan skud net sy kop vir die konstabel wat so 'n agterdogtige natuur het. Dit is asof Duke weet dat tyd 'n faktor is en sy baas se lewe daarvan af hang. Hy jaag sy volgelinge aan soveel as wat hulle hom toe laat.

******

 Aiden skyf sy seer liggaam bietjie teen die muur op die pyn is byna onuithoudbaar. Maar dit is een van die maniere wat hy homself wakker hou. Hy het al baie bloed verloor en sy liggaam kan enige oomblik in skok in gaan. Hy weet dat as hy nou aan die slaap raak hy maklik in 'n koma sal glip. Hy laai die geweer met sy laaste verdowings pyl. Sy gedagtis is vol spookbeelde van die swartkop Juffrou wat sy hart gesteel het. Hier in die grot so na aan sy einde het hy besef dat hy nie meer so kan aangaan nie. Al is hy hoe bang om weer seer te kry. Sy is die risiko werd. Hy her posisie sy seer liggaam weer. Sy gebreekte been stamp teen die klein rots langs hom. Verlamende pyn skiet deur sy hele been en vergader dan agter sy knieskyf. Dit voel kompleet of sy been vol fleimskerp mese gesteek word en terselfde tyd aan die brand is. 'n harde kreun brom van binne hom op maar sterf gelukkig 'n stil dood op sy lippe. Hy kan nie bekostig om die leeu onodig te versteur nie. Hy is op sy laaste pyl , as hulp nie gou kom nie gaan hy vandag in hierdie grot sterf.

Sterf....dood die idee aan dood gaan met geen geloof is skielik vir hom te veel. Sy hart is swaar en benoud. Heelaas het hy besluit om 'n keuse te maak wat hy na sy ouers se dood gesweer het hy nooit sal maak nie. Hy het besluit om vrede met God te maak. Daar in die donker grot stroom trane by sy wange af trane van jammerte vir sy hardkoppigheid, trane van verligting soos hy voel sy hart vol vrede word. Hy wens hy het meer tyd gehad...tyd om 'n man te wees vir Lucinda....tyd om 'n pa te wees vir haar kinders. Maar op die ou einde is hy net dankbaar vir die vrede in sy gemoed. Vrede wat hy laas gehad het toe sy ouers nog geleef het. Al was hy so hardkoppig oor die jare weet hy goed dat dit net die genade van die Here was wat hom deur ales al gedra het. 'n Glimlag sprei oor sy mond want oomblike gelede het hy nog swak gevoel en nou in hierdie oomblik voel hy hoe die Here hom opnuut krag gee....krag om aan tehou tot hulp kom. En sy hart wil bars met dankbaarheid.

Hy trek sy asem diep in hou dit vir 'n paar oomblikke en blaas dit dan weer gelydelik uit. So asof hy sy pyn saam met die warm asem wil uit blaas. Dan sluit hy weer sy oë en probeer Lucinda se beeld voor sy geestes oog optower. Sy is al wat hom nou aan die gang hou hy moet haar sê.....hy moet haar sê.....hy is lief vir haar!

********

 Die telefoon lui skril in die gang. Die vet konstabeltjie tel die gehoorbuis traag op mompel binne monds oor die foon lui dan af voor hy tant Miemie nader wink. "Daar is 'n boodskap van 'n Lenie. Sy sê die soekspan het laat weet julle moet die hospitaal skakel en vra hulle moet 'n helikopter stuur. Hulle vermoed die verdagte is beseer." Tant Miemie stamp die vet konstabeltjie uit haar pad om by die foon te kom.

***********

 Aiden loer deur skrefies oë na die leeu wat nog dood stil lê. Hy verbeel hom elke nou en dan die leeu beweeg. Die laaste verdowingpyl het so byna gemis. Die leeu is nou skaars drie meter van hom af. Die hoeveelheid bloed wat hy verloor het, laat hom sy bewussyn kort, kort verloor. Selfs die koue van die sneeustorm hou hom nie meer wakker nie. "Lucinda....Lucinda...."Aiden probeer haar beeld heroep maar sy brein is te moeg. Sy liggaam is koud, seer en lam. Elke keer as hy sy oë oop forseer is hy nie seker hoeveel tyd verloop nie sekondes of ure. As die leeu nou wakker word is dit klaar praat met hom, hy is uit verdowingpyle en uit krag uit. Dis donker om hom....... so donker hy is nie seker of sy oë oop of toe is nie. "Ag Here asseblief laat hulp kom!"! Iewers ver af hoor hy stemme. Droom hy? Dan weer stilte oorverdowende stilte.

Oom Stefan skiet die slaapende leeu met nog 'n verdowingpyl. Eerder veilig as jammer. Aiden is in 'n slegte toestand sy klere is deurweek met bloed hy het oop wonde oor sy borskas wat lyk of dit deur die leeu gemaak was en sy been is gebreuk. Die swelling is al so erg dat sy vel blink. Stefan asseseer eers die situasie voor hy besluit op 'n plan van aksie. Aiden sal dadelik gestabiliseer moet word. Hy spring vinnig aan die werk gelukkig het Lenie hom gesê dat hy sy noodhulp tas moet saambring. Hy haal vinnig 'n botteltjie morfien uit en spuit Aiden in. Dan probeer hy soveel skade herstel met wat hy by hom het. Die klank van die mediesehelikopter kom vinnig nader. Stefan is dankbaar dat hulle so gou gemaak het. Hy hardloop tot by die grot opening om die ander te help die helikopter sein.

************

Tant Miemie sny die kaas en hambroodjies deur wat sy nou net klaar gemaak het vir die hospitaal. Hospitaal kos is die slegste kos ooit. Sy hoop sy sal Lucinda kan oortuig om vandag huis toe te kom al is dit net om 'n uur te kom rus. Die arme kind het nog nie Aiden se sy verlaat vandat hulle hom gisteroggend uit intensief geskyf het nie. Sy pak die kosblikke en twee flesse warm koffie in 'n sak voor sy deur toe stap. Stefan behoort nou enige oomblik optedaag om haar hospitaal toe te vat. Sy gryp die sak skoonklere vir Lucinda op die bank met haar vrye hand oppad uit. Sy het besluit om sommer buite vir Stefan te wag. Sy swaai die voordeur oop en loop haar in konstabel Smith vas.

Komstabel Smith kyk die kwaai ou tanie verskonend aan. Tant Miemie kruis haar arms kwaai voor haar bors. "Ja konstabel, waarmee help ons?"

Konstabel Smith trap ongemaklik rond.

"Jammer mevrou ek kom maar net vir u sê dat ons ale klagtes teen meneer Sonnekus terug getrek het." Tant Miemie laat die jong konstabeltjie nie so maklik daarvan af kom nie. " O...hoe so meneer Smit?" Die konstabel sug hardop. Hy het gehoop die ou tanie sal 'n goeie wenner wees en net die nuus aanvaar maar nou wil sy 'n verduideliking hê. Hy haal sy hoed af en draai dit al in die rondte aan die rand. " Wel die forensiesetoetse het terug gekom op meneer Vermeulen en juffrou Amalia se bloed toetse. Dit blyk dat hulle die selfde soort gif in gekry het. Ons het ook na meneer Vermeulen se dood 'n skoon twee liter bottel van die gif gevind en 'n tweede bottel wat lyk of dit vermeng was met lemoensap. Die het meneer Vermeulen en juffrou Amalia se vingerafdrukke daarop gehad. Of mej Amalia die doodlike dosis gif aspris of perongeluk in gekry het is onduidelik. Maar dit is duidelik dat meneer Vermeulen selfmoord gepleeg het. Hy het die res van die bottel gif vermeng met lemoensap klaar gedrink. Hierdie aksie van hom laat ons dink dat juffrou Amalia die doodlike doses perongeluk in gekry het. Dit blyk ok dat meneer Vermeulen selfmoord gepleeg het na hy gehoor het dat juffrou Amalia se ongeluk veroorsaak is deur gif in haar sisteem. Sy het haar bewussyn verloor terwyl sy haar motor bestuur het. Al ons bewyse dui daarop dat hy die een verantwoordelik was vir haar dood." Tant Miemie kyk die konstabel onsimpatiek aan. "Wel meneer dit kon ek ook vir jou vertel het." Die konstabel wil net iets sê om homself te verdedig toe oom Stefan agter hom keel skoon maak. Tant Miemie gee hom nie kans om enigeiets verder te sê nie , sy groet net en druk verby hom oppad motor toe.

*********

 Aiden maak sy oë stadig oop. Sy lyf is seer en styf. 'n glimlag speel om sy lippe toe hy Lucinda opmerk. Sy het aan die slaap geraak op die stoel langs sy bed. Haar kop lê op die been wat nie in gips is nie. Hy haal vlak en vinnig asem want diep asem haal is half onmoontlik met die stywe verbande om sy borskas en ribbis. Sy is so ongelooflik mooi. Hy wikel sy hand uit hare uit en fee die krule wat in haar slaap oor haar gesig geval het terug agter haar oor in. "Dankie Here!" Sê hy hardop. Lucinda se oë flikker oop toe sy beweging onder haar voel. "More slaapende skoonheid." Sy stem is soos soet musiek in haar ore. Sy knip haar oë 'n paar keer om seker te maak dis nie net nog een van haar drome nie. Nee hy is wragtig nog steeds wakker. Met die besef spring sy op en gryp hom om die nek. Sy plant 'n klomp soene op sy mond en sy wange en sy neus en orals waar sy plek kry. Aiden lag uit bundig en gryp dan sy ribbis wat pyn van die gelag. "Jy is wakker, jy is wakker... Is jy regtig wakker?" Sy wurm haar arms om sy nek sy druk hom styf teen haar vas. Hy glimlag warm en intiem vir haar. O sy kan verdrink in daardie glimlag. Sy stem is heserig en sag."Wel ek hoop ek is. Anders is hierdie die beste droom ooit!" Lucinda klouter op die bed en krul haar onder sy arm in. "Ek was so bang...die dokters het gesê dit is 'n wonderwerk dat jy nog lewe. Hulle het gesê hulle dink nie jy sal weer wakker word nie." Trane vloei nou vry oor haar wange, sy probeer nie eens om dit te keer nie. Aiden trek haar stywer teen hom vas net soos hy in die grot wou doen die enigste ding wat hom aan die lewe gehou het. Hy vryf vertroostend oor haar kop en teen haar rug af. "Dit is nie 'n wonderwerk nie. Dit is genade absolute genade van die Here!...en ek gaan Hom probeer bedank met elke dag wat Hy my skenk." Die woorde is vir haar soos die soetste musiek ooit, nee soos engele sang. Haar hart is vol dankbaarheid. Hy fee haar trane met sy duim af. Haar hart klop teen 'n geweldige spoed. Sy duim trek 'n patroon tot by haar mond. Sy oë hou hare gevange sy duim vryf sag heen en weer oor haar mond tot dit vanself oop gaan. Dit voel of haar hart gaan ontplof hy klop so hard. Hy haal die knip wat nog meeste van haar hare in toom hou uit en laat val dit op die vloer. Sy vingers vleg deur haar hare dan trek hy haar af tot daar skaars 'n haar breedte spasie tussen hulle monde is sy kan die hitte van sy asem op haar lippe voel. Sy stem is hees as of hy uitasem is. Lagplooitjies krul om sy mond ,toe hy uiteindelik weer praat. " Ek is lief vir jou Lulu. Trou met my?" Sy oë is vol brandend passie. Haar hart klop so hard in haar ore.

Het sy reg gehoor?Sy wil hom soen. Sy probeer nader aan sy mond beweeg, maar hy hou die haarbreedte tussen hulle monde .

"Nee ....antwoord my eers?" haar hart voel of hy gaan bars van vreugde.

Haar stem is bewerig en skaars hoorbaar." Dit is presies wat ek probeer doen."

Hy trek haar nader en laat haar toe om hom te antwoord. Antwoord met 'n soen vol liefde en beloftes.

You may also like...

  • Argent Rapide Facile
    Argent Rapide Facile International by BlAzKtjr
    Argent Rapide Facile
    Argent Rapide Facile

    Reads:
    1

    Pages:
    21

    Published:
    Jul 2024

    Argent facile 50 a 500 par jours sans rien faire ! pdf rapide et facile

    Formats: PDF, Epub, Kindle, TXT

  • Spreuke Raaisels - Vraestel
    Spreuke Raaisels - Vraestel International by Chris Viljoen
    Spreuke Raaisels - Vraestel
    Spreuke Raaisels - Vraestel

    Reads:
    1

    Pages:
    88

    Published:
    Jun 2024

    Wat beter manier is daar om wysheid te kry, as om uit die mond van die Skepper self te leer? Gebruik hierdie gids om elke vers van die Spreuke van Salomo nouk...

    Formats: PDF, Epub, Kindle, TXT

  • Die Jesus Reeks - Leerder Gids
    Die Jesus Reeks - Leerder Gids International by Chris Viljoen
    Die Jesus Reeks - Leerder Gids
    Die Jesus Reeks - Leerder Gids

    Reads:
    1

    Pages:
    198

    Published:
    Jun 2024

    Die skrywer, ‘n gesoute dosent en Bybel skool-leier, gaan voort om te studeer en hoop in die harte van gretige lesers te vestig. Met meer as 14 jaar ondervind...

    Formats: PDF, Epub, Kindle, TXT

  • Die Openbaring Reeks - Leerder Gids
    Die Openbaring Reeks - Leerder Gids International by Chris Viljoen
    Die Openbaring Reeks - Leerder Gids
    Die Openbaring Reeks - Leerder Gids

    Reads:
    0

    Pages:
    108

    Published:
    Jun 2024

    Het jy al ooit gewonder oor die einde? Is jy onseker oor hoeveel daarvan jy persoonlik gaan beleef? Miskien is die Openbaring vir jou totale duisternis... Moe...

    Formats: PDF, Epub, Kindle, TXT