Die Jagter van Olifantskloof by Brenda Botha - HTML preview

PLEASE NOTE: This is an HTML preview only and some elements such as links or page numbers may be incorrect.
Download the book in PDF, ePub, Kindle for a complete version.

Hoofstuk 9

Saterdag middag twaalfuur vaar Aiden weer die bos in die keer gewapen met 'n geweer gelaai met verdowings pyle. Die dieretuin het laat weet dat hulle die mannetjie sal in neem. Dit is reeds vier uur toe Aiden die rivier oorsteek waar hy en Deuke die vorige dag gerus het. Die son hang al baie laag in die lug. Die sneeuval is heel wat dikker as vroeër. Hulle ogend spore is bedek deur die vars laag vlokkies. Hy moet op sy geheue staat maak om hom terug te kry by die leeu se skuiling. Twintig minute later raas die wind hard deur die bome. Vroeë tekens van die groot sneeustorm wat geduldig wag vir die regte oomblik om los te bars. Dit is een ding van die weer hierbo in die berge dit neem slegs minute vir toestande om geheel en al te verander. Hy vat 'n sluk van sy waterbotel terwyl hy die paadjie wat teen die bergop verdwyn bestudeer. Dit is nie meer ver nie, hy sal voor sononder daar wees. Hy swaai weer die geweer oor sy skouer en begin die rotswant uit klim. Nog net om die rotswant klim dan sal hy aan die voet van die leeu se grot wees. Die trap plek is maar min en hy gly 'n paar maal amper af. Die derde keer wat hy gly is dit net sy vinger punte se greep aan die klippe net bokant sy kop wat hom red. Hy kyk af na die grond wat 'n goeie veertig vyftig meter ver is. Dit sal 'n lelike val wees. Heel moontlik sy einde beteken. Die gedagte laat hom instinktief stadiger en meer versigtig beweeg. Uiteindelik staan hy onder die grot opening. Die bloed drup nog steeds teen die rand van die rotswant af. Aan die onder punt van die grot het daar al 'n hele poel bloed vergader. Hy wonder of hy nie alreeds te laat is om die mannetjie te red nie. Die hoeveelheid bloed laat hom roekeloos besluit om nie dadelik die geweer van sy skouer af te haal en reg te hou om die leeu te verdoof nie, maar om eers ondersoek in te stel en dan die mannetjie te skiet as dit nog nodig is. Hy is oortuig daarvan die leeu is te swak om hom aan te val. Die rotse is skerp onder sy hande, dit sny in sy vleis in soos hy sy greep van elke vashou plek verskuif na die volgende. Hy sug verlig toe hy uiteindelik sy bene op die rand van die grot swaai. Hy haal die geweer van sy rug af en maak seker dit is reg vir aksie. Dit is pik donker in die grot.As hy nog in 'n God geglo het sou hierdie die tyd gewees het om te bid dink hy. Wanneer presies het hy sy geloof verloor hy weet nie regtig nie. As kind het hy saam sy ouers kerk toe gegaan dit was van sy gelukkigste tye. Sy ma was "Jesus mal" sou hy sê. Altyd gefokus om die Here in elke situasie te probeer sien. Maar al die ure se kerk toe gaan, Bybel lees en bid het haar niks gehelp die dag toe die duiwel kom kuier het nie. Haar Here was nêrens te siene toe haar lewe van haar gesteel is nie. Hy is seker dis oor hy altyd Lucinda en tant Miemie sien Bybel lees dat hy nou weer aan dit dink. Verspot eindelik hy het nog geen teken gesien dat hierdie Jesus van hulle werklik bestaan nie. Die gedagtes maak hom vanvoor af vies en hy skyf die gedagtes aan 'n God met mening op sy en, fokus doelgerig op die taak voor hom.

'n Onheilspelende geluid uit die hoek laat hom sy greep verstyf om die sneller, sy lyf is styf gespan van senuwees. Na twee minute is sy oë nog steeds nie gewoond aan die donker nie. Dit raak nou vinnig donker. Die grot is baie groter binne as wat dit van buit af lyk. En hier waar hy nou al langs die kant af beweeg kan hy nie eers meer die ingang sien nie.

'n harde brul klink in die nag op. Aiden swaai vinnig om. Die donkerte het hom nou heel temaal kwesbaar. Iewers in die stik donkerte om hom kruip een van mens se mees gevreesde karnivore weg. En op hierdie oomblik is die guns van die nootlot aan sy kant. Hy probeer sy asemhaling bedaar die geringste beweging sal sy posisie aan die leeu openbaar. Bloed en adrenalien pols hard deur sy are. Hy bestudeer die donker om hom opsoek na twee blink oë wat dalk die leeu vir hom sal sigbaar maak.

Dan skiet 'n vreeslike brand pyn deur sy skouer. Hy voel die tande deur sy vleis boor. Twee groot pote met skerp naels skraap die vleis van sy borskas af. Sy liggaam maak hard kenis met die klip vloer. Die groot leeu mannetjie is nou bo op hom. Skoon adrenalien gee Aiden die nodige krag om die geweer tussen hom en die leeumannetjie in te forseer en met sy eerste geleentheid vuur hy 'n skoot af. Die mannetjie is heel wat groter as wat hy verwag het en hy is dankbaar dat hy beseer is anders sou die verdowings middel nie dadelik in geskop het nie.

Dit neem bomenslike inspanning om die bewustelooste leeu van hom af te stoot. Sy klere is deur week van sy eie bloed. Die adrenalien in sy bloedstroom hou die pyn wat sekerlik binne kort sal volg nog op 'n afstand. Sy been het gebreuk toe die mannetjie op dit te lande gekom het. Die harde klap geluid het daaraan geen twyfel gelaat nie. Dit vat al sy krag om sy beseerde ligaam van die leeu af weg te sleep na veiligheid. Hy kom eindelik so tien meter van die hom af teenaan die grot se muur tot ruste. Hier waar hy nou sit kan hy die uitgang en die leeu duidelik sien. Hy weet dat sy gebreekte been en oop wonde dit onmoontlik vir hom maak om by die grot uit te klim. So sy enigste hoop is dat iemand hom sal kom soek. Hy wil graag nader aan die opening skuif dalk as hy naby genoeg is kan hy gil of dalk sal iemand hom raak sien. Maar hy wil ook nie te veel afstand tussen hom en die honger mannetjie plaas nie. As hy te ver is sal hy dalk nie kan raak skiet as hy weer bykom nie. Hy herlaai die geweer met sy tweede verdowings pyl en steek die drie wat hy oor het in sy sak waar hy dit maklik kan kry. Hy kreun hard op toe die geweer verby sy oop bors skuur. Moeisaam druk hy die geweer teenaan sy heup, sy linker arm stewig om die geweer geklamp. Sy wysvinger rus op die sneller gereed vir enige indekasie van lewe.

Lucinda is 'n warwoel van emosies toe sy die huis bereik. Die onsekerheid van haar toekoms gaan binnekort beantwoord word. Sy trek haar asem diep in en blaas dit weer stadiger uit. Dan klim sy uit die huurmotortjie.

Die voordeur staan wa-wyd oop. Dit is vreemd. Sy frons bekommerd en besluit om haar bagasie maar eers te laat staan. En te gaan seker maak ales is in orde. Vinnig drafstap sy na die oop deur. Die huis is dood stil, sy kyk benoud om haar rond. Iets is definitief nie pluis nie. Sy soek elke vertrek deur vir lewe. Eidelik vind sy tant Miemie waar sy in die studeerkamer op die foon met iemand praat. Lucinda sug verlig en lig net haar hand in 'n groet gebaar. Sy wil net weer by die deur uit glip om haar bagasie te gaan uit haal, toe sy tanie Miemie iets hoor sê wat haar hart 'n slag laat mis. Aiden word vermis. Haar hart klop skielik in haar keel. Sy voel haar bene onder haar lam raak. Voel voel sak sy op die leenstoel langs die deur neer.

Tant Miemie sien die angs in Lucinda se gesig, dieselfde angs wat haar van haar slaap beroof het. Sy lui uiteindelik af en stap vinnig tot by Lucinda wat met haar kop op haar opgetrekte knieë sit. Sy verduidelik so deur benoude trane deur dat Aiden die berg op is om die leeumannetjie te gaan verdoof en dat hy glad nie terug gekom het nie. Lucinda voel hoe 'n vuis van angs haar hart vasdruk by die gedagte dat Aiden se lewe in gevaar is. As sy hom moet verloor nog voordat hy nog werklik hare was, nee sy sal dit nie kan verdra nie Tant Miemie praat nog al die pad maar haar brein vang net hier en daar 'n woordjie op. En heel laas is al wat sy werklik gehoor het dat Aiden die berg op is om die leeu te verdoof Saterdag middag. Dat hy nooit terug gekeer het nie en dat oom Stefan al wat 'n man is op Olifantskloof in gespan het in die soek tog na hom en hy is nog nie gevind nie. Hy is nog nie gevind nie! .....nog nie gevind nie!. Tant Miemie se laaste sinnetjie maal 'n paar keer deur haar kop asof haar brein die informasie wil herkou om seker te maak dis korek. Lucinda se brein skarel nog 'n minuut doeloos rond voor sy op 'n plan van aksie besluit. Want so sit en wag gaan sy definitief nie. Tant Miemie is 'n senuweewrak sy kan sien dat sy niks geslaap het nie. Sy besluit om haar eers te versorg en dan by oom Stefan se soekspan te gaan aansluit. Sy trek die ouliggaam onder haar arm in en lui haar na haar kamer. "Ek wil nie slaap nie!" Protesteer die ou vroutjie hewig. "Ek weet tanie maar tanie het rus nodig." Tant Miemie kyk haar beskuldigend aan. "Ek wil nie slaap nie. Ek kan nie, wat as hy my nodig het." Lucinda sit langs tanie Miemie om haar gerus te stel. Sy vou die twee ou hande in haar skoot toe. "Ek belowe om dadelik vir tanie te kom sê as daar nuus is. Enige verwikkelinge." Tant Miemie wil net weer aan die stry raak toe Lucinda haar uiteindelik ooreed dat sy rus nodig het sodat sy krag het om Aiden te versorg wanneer hy tuis kom. Die argument is blykbaar vir die haar billik en sy stem in om net vir 'n paar oomblikke te rus. 'n Uur later slaap tant Miemie nogsteeds nie. Lucinda besluit om vir haar soet tee temaak met 'n slaapmiddel in.

Lucinda trek die kamer deur agter haar toe waar tant Miemie nou uiteindelik slaap. Sy draf stap af studeer kamer toe om vir oom Stefan te skakel. Dit voel vir haar of die foon vir 'n ewigheid lui. Vir die soveelste keer vandag bid sy in haar gedagtis. 'n Moeë stem antwoord uiteidelik.

"Hallo."

"Middag tanie. Dis Lucinda is oom Stefan dalk daar naby?"

"Nee jammer kind hy is nog in die berg."

"Het tanie enige idee waar om en by hulle is?"

"Nee jammer hartjie Stefan het my nou nie eintlik gesê waar hulle volgende gaan soek nie. Maar wees gerus hartjie hulle soek onder elke klip en agter elke bossie. Hulle sal hom opspoor."

Probeer die tanie haar gerus stel. Lucinda vryf moedeloos oor haar voorkop toe sy aflui na 'n belofte van tanie Lenie om haar onmiddelik te skakel met nuus of as oom Stefan hulle terug keer. Nou is haar plan in die wiele gery. Sy kan nie alleen die berg op foeter nie. Sy ken glad nie die area nie. Dit sal tog nie help as oom Stefan hulle haar ook moet kom soek nie. Nee hulle moet eerder fokus om Aiden op te spoor. Haar gedagtis is 'n warwoel toe sy eidelik besluit om maar te gaan koffie maak. Hoekom was Aiden alleen? Hoekom het oom Stefan hulle nie saam met hom gegaan nie? Sy vervies haar sommer vir Aiden wat so onverskillig op getree het. "Mansmense wil mos altyd blerry braaf wees! " Murmureer sy vir haar self. Sy is so ingedagte dat sy nie kyk toe sy die kookwater in haar koppie probeer gooi nie. "Eina! " Gil sy onwillekeurig toe die kook water oor haar hand spat. Vinnig hardloop sy na die wasbak en hou haar gebrande hand onder die kouewater kraan. Dit verskaf net tydelike verligting. Maar haar rooi geswelde hand is die minste van haar bekommernisse. Met die vadoek lomp om die verbrande hand gedraai maak sy die koffie gemors skoon wat alreeds teen die kas af geloop het.

Die skril geluid van die telfoon in die gang laat haar vinnig opspring en gang toe hardloop. "Hallo?" Antwoord sy uit asem, angstig vir enige nuus oor Aiden. Maar die stem aan die ander kant is nie tant Lenie nie. Dit behoort aan die laaste persoon van wie sy nou wil hoor." Onderbreuk ek iets?" Lucinda sug hardop by die aanhoor van Ivy se sarkastiese stemtoon. " Nee Ivy. Sê aseblief vinnig hoekom jy skakel? Ons verwag 'n belangrike oproep."

Toe Ivy weer praat kan Lucinda duidelik hoor dat sy haar gewip het. "Kan ek met Aiden praat?" Lucinda rol haar oë vir die vrou op die telfoon. "Nee jy kanie." Ivy laat Lucinda nie toe om klaar te praat nie.

"Wat bedoel jy ek kan nie met hom praat nie? Hy sal my oproep antwoord of ek sal self soontoe ry om hom te sien." Lucinda trek haar vingers deur haar hare van pure irritasie. "Sal jy my kans gee om klaar te praat voor jy afgaan! "Sy wag nie op 'n antwoord voor sy voortgaan nie. "Aiden is nie hier om jou oproep te neem nie Ivy. Hy is al van gistermiddag af vermis." Lucinda moet die gehoorstuk weg van haar oor af hou toe Ivy die volgende oomblik gal af gaan." O nee! Julle gaan nie daarmee weg kom nie .Al moet ek self soontoe kom en elke bossie deur soek. Vandag sal Aiden boet vir wat hy aan my suster gedoen het. Lewenslank boet soos dit hoort." Dan is daar net 'n beset toon en Lucinda sit die foon terug op sy mikkie. Sy wonder waaroor Ivy so af gegaan het sy het nie veel sin gemaak nie. Maar sy besluit om nie daaroor te top nie haar gedagtis is vol genoeg.

"Wat makeer hartjie?" Tanie Miemie staan skielik agter haar en Lucinda wip soos sy skrik."Ek het tanie nie hoor af kom nie. Tanie kan sekerlik nie genoeg gerus het in 'n uur nie?" Sê vra sy tanie Miemie wat reeds oppad is kombuis toe. " Ek kan nie verder lê nie kind." Antwoord sy eerlik."Wat het jy met jou hand aan gevang?" Lucinda kyk af na haar toe gedraaide hand. "Ag niks ernstig nie tante." Tanie Miemie bekyk die rooi seer hand voor sy Lucinda badkamer toe gebied. Sy haal 'n noodhulpkissie onder in die handdoek kassie uit. Versigtig smeer sy 'n koel salf oor die gebrande area voor sy dit versigtig verbind. Lucinda glimlag dankbaar vir die ou tanie. "Dankie tanie. Ek kan sien tanie voel tog beter." Tant Miemie knik net stil voor sy weer die noodhulpkissie bere. "Kom ons gaan maak aandete. Aiden gaan honger wees as....." Sy laat haar sin 'n paar oomblik so hang voor sy haarself koregeer."...wanneer hy huis toe kom." Lucinda knik in stemed en volg tanie Miemie kombuis toe.

Omtrent 'n uur later is hulle kant en klaar met die groot pot sop wat nou net op lae hitte prut om warm te bly. Die sneeustorm buite is vreesaanjaend. Lucinda staar by die kombuisvenster uit. Sy hoop dat Aiden verskuil is van die sneeu. Sy dink na oor sy woorde aan haar die eerste aand. Sy bid hardop dat die sneeu hom nie in 'n lyk sal verander nie. Die voordeur waai oop en Duke kom vinnig in geglip voor tanie Miemie weer die deur kan toe stoot. Hy strek hom uit voor die warm kaggel vuur. Lucinda gaan maak haar tuis op die mat langs die groot wolfhond. Hy lig sy kop liggies en kyk haar in die oë asof hy iets wil sê. Lucinda vryf vertroostend oor sy dik pels. Dan spring sy skielik regop met opgewondenheid. "Tanie het tanie nie gesê dat Aiden die eerste keer vir Duke saam met hom grot toe geneem het nie?" Tanie Miemie kyk fronsend vir Lucinda wat amper op en af spring van opgewondenheid. "Ja ek het, hoekom kind?" Lucinda begin dadelik telefoon toe stap. "Wel tanie hulle weet nie waar om vir Aiden te soek nie. Maar as ons vir Duke Aiden se klere laat ruik behoort hy ons te kan terug lei na die grot toe. Al kan hy nie meer die reuk op tel nie sal hy sekerlik weet ons soek na Aiden en die pad na die grot toe onthou. Tanie het al self gesê dat Duke deel is van die beste spoor span in die Kloof." Tant Miemie is ook nou op gewonde en staan langs Lucinda waar sy Tant Lenie hulle se nommer skakel. Holder ste bolder verduidelik Lucinda aan tant Lenie die plan wat hulle op gekook het om Aiden op te spoor. Tant Lenie verseker haar dat sy oom Stefan sal stuur sodra sy hom sien. Toe Lucinda aflui het hulle vir die eerste keer regtig hoop dat hulle Aiden sal kan vind. Lewend sal vind.