Die Jagter van Olifantskloof by Brenda Botha - HTML preview

PLEASE NOTE: This is an HTML preview only and some elements such as links or page numbers may be incorrect.
Download the book in PDF, ePub, Kindle for a complete version.

Hoofstuk 3

Drie dae se aanhoudende sneeu val het werk vir die klein gemeenskap van Olifantskloof onmoontlik gemaak.

Aiden dompel die laaste stuk van sy beskuit in die warm koffie.

"So ja ales is gereed en ek voel heelwat beter." Praat sy huisgas skielik agter hom.

Hy draai hom dwars in sy stoel om haar mooi te bekyk. Sy lyk vir hom of sy uit 'n prentjie uit geloop het, blink geskrop en glad "gepolish" kompleet met tasse in hande.

"Ek wil net weer dankie sê dat julle my bagasie opgespoor het daar sonder sou ek heeltemal verlore gewees het." Aiden sê nie 'n woord nie, kyk haar net aan soos 'n spesiement in 'n wetenskaplike laboratorium.

Lucinda voel skoon 'n ongemaklike droogte in haar keel brand. Al rogellend probeer sy maar weer om 'n reaksie uit hom kry.

"Hoelaat sal die gastehuis oop maak?"Aiden stik skoon aan sy laaste bietjie koffie.

"Gastehuis?" hy lag so hard dat die trane langs sy oë gleufies af loop.

"Nee jong lyk my daai stamp op jou kop het jou brein heeltemal om geroer tierwyfie." Hy vervolg toe hy sien dat sy steling nie tot die meisiekind voor hom deur dring nie.

"Jy is nou in die groenberge, nie meer in die beton berge van Johannesburg nie."

Lucinda kan nie besluit of sy kwaad of verneder moet wees nie. Hoe durf hy haar uit lag! Sy is 'n intelligente vrou, wat 'n logiese afleiding gemaak het. Dis nie haar skuld hierdie simpel primitiewe aan mekaar geslaande dorpie... as jy dit ooit 'n dorp kan noem, maak nie voorsiening vir mense wat net kuier nie. Sy meen dis tog net logika dat nie almal wat hulle voete op hierdie plek sit sommer so goeds moeds sal wil in trek nie.

Sy byt op haar onderlip toe die implikasies van Aiden se woorde haar tref. "Nou waar gaan ek dan bly? " Haar stem is niks meer as ‘n sagte fluister nie.

Die groot man voor haar hou met eens op lag en met 'n glimlag so breed soos die hemelruim , maak hy 'n verspote buig vooroor en beduie met sy arms."Me casa so casa!"

Lucinda gooi haar tasse in 'n protes gebaar neer.

"Nee! Ek kan nie in 'n huis bly met 'n ongetroude man nie. Goeie hemel hoe sal dit lyk? Wat sal my ma hulle sê?" Sy druk haar neus woeps punt in die wind, met besliste heen en weer swaai bewegings van haar kop staan sy vierkantig agter haar woorde. "Nee meneer Sonnekus dit sal nie deug nie. Ek wil definitief nie 'n reputasie opbou van 'n los vrou nie."

Die lag het net so vinnig as wat haar skerp woorde uit is opgedroog. Lucinda kyk verskrik na die man voor haar. Sy gesig is hard en koud heeltemal ondeurdringbaar. In sy nek en op sy voorkop pols daar fyn aartjies teen 'n geweldige spoed.

"Wel juffrou Jacobs ek bied jou 'n kamer aan, nie 'n losbandige verhouding nie. Ek kan jou verseker dat jou eer in geen gevaar by my, of enigsins onder my dak sal verkeer nie. In elkgeval het jy geen ander heenkome nie. Ons sal ook nie aleen wees nie tanie Miemie sal binnekort terug keer van haar vakansie." Met 'n laaste vuurspuwende kyk vernietig hy enige terug pratery. "Nou as jy my sal verskoon ek het werk om te doen. Dag juffrou Jacobs!"

Die deur klap so hard agter hom toe dat Lucinda skoon wip van die skrik.

Met haar mond wat nog oophang staan sy net so versteen na die toe deur en kyk. Sy wonder wat op aarde sy gesê het om die man so te ontstig. Met so 'n temperament kan die klein jagtertjie 'n gevaarlike vyand uit maak. Met benoudheid kyk sy om haar rond na die opgestopte dierkoppe wat as trofeës teen die growe klipmuur pryk.

Verskrik sien sy voor haar geestesoog hoe hy haar met sy groot geweer bokveld toe skiet. Met 'n halfhartige glimlag kyk sy rond op die muur of daar vir haar kop ook 'n plekkie sal wees. Sy sluk swaar en skud haar kop om van die spookbeeld ontslae te raak. Nee sy moet definitief ver weg bly van hierdie man se verkeerde kant.

Stert tussen die bene tel sy maar weer haar tasse op en kruip terug kamer toe. Sy wens sy was eerder terug in haar ou woonstelletjie daar vêr in Johannesburg met net die gedruis van moters onder haar venster. Enige iets moet beter wees as hierdie oor verdowende stilte. Maar stilte is dalk net wat sy nodig het sy voel skuldig oor hoe min tyd sy die laaste ruk met die Here spandeer het en hierdie is nou die perfekte tyd om weer bietjie te gaan oë wys in die troonkamer. En met dit besluit sy om haar gebruiklike ou koppie koffie te gaan maak vir haar kuier met die Here. Toe sy jonk was het sy altyd gewonder hoekom haar ma koffie maak en dan in die tuin op die swaaibankie gaan sit en met haarself gesels, later jare het sy nader gesluip om te hoor wat haar ma tog so vir haarself sê. Dis toe dat sy vir die eerste keer ontdek het hoe lekker mens met die Here kan gesels. Haar ma het nie net die ernstige dinge op haar hart met die Here bespreuk nie, maar ook somer net dankie gesê vir die mooi sonskyn dag en dan partykeer al lagend vir die Here vertel van wat sy by die skool aangevang het. Sy het die hele afera eers baie vreemd gevind maar kort voort lank het haar ma se geselsies met die Here vir haar die beste gedeelte van die dag geword. Soos sy groot geword het , het sy besef dan tyd met die Here aleen tyd moet wees en het sy nie meer haar ma se geselsies afgeluister nie maar eerder haar eie kuiertjies begin met Liewe Jesus. Dit was en is nog maar altyd die hoogtepunt van haar dag. Haar hart kry sy bekende ou warm gloei toe sy die koppie koffie in die hand die deur agter haar toe trek om haar Koning te gaan ontmoet.

Teen laat middag raas die grootste sneeustorm wat Lucinda nog ooit gesien het hard en duidelik. Sy dink weer terug aan die oggend se gebeure en verwens haarself vir haar onredelike oor reaksie. Haar pa baklei altyd met haar oor haar seepglad bek. "Sit 'n wag voor jou mond Lulu." Haar pa se betigting woorde laat haar somer in een krimp.

Die groot houtvoordeur waai oop en bring die ysige koue saam binne. Lucinda bekyk die twee figure wat lyk soos ysmannetjies en net so stadig beweeg. Amandelgroen kykers pen hare vas van oorkant die vertrek. Verleentheid spoel in golwe oor haar. Sy wens die hout vloer wil oop gaan en haar heel insluk. Sy gee 'n halfhartige groet en maak haar vinnig uit die voete.

Stefan maak hom warm voor die knetterende kaggelvuur ,sy oë vol beskuldiging. Aiden maak of hy nie sy vriend se kyk sien nie , skakel net die ketel aan vir warm boeretroos.

"Wat het jy vir daardie meisiekind gemaak?" Aiden sleep 'n stoel nader en nuttig 'n paar soetkoekies.

"Moet eerder nie vra nie." Woede stoot van vooraf weer in hom op. Stefan luister aandagtig na die gebeure van die oggend. 'n Lag bui takel hom so uit sy maag uit. Aiden vind die gebeure glad nie so amusant nie en gee Stefan 'n vernietigende kyk. "Ag jammer , maar jy moet toe gee dit is ‘n snaakse situasie." Aiden gee net ‘n mislike snork wat Stefan laat voort gaan. "Verstaan tog daardie meisiekind het in ‘n baie preetse huis groot geword haar ouers het haar letterlik in die kerk groot gemaak. Haar pa is ‘n Pastoor en ‘n jare lange ou vriend van my, goeie mense." Stefan klop sy vriend op die skouer voor hy sy hoed en jas by mekaar maak om uit te loop. "Gee die kind nog ‘n kans, toe man. Sien dit tog uit haar oog punt." Aiden sê niks, lug net sy beker in ‘n groet gebaar.'n Ou kerkmuis wat dink sy is beter as die ou bosmuis is die laaste ding waarvoor hy lus is. Hy besluit om uit haar pad uit te bly net nou besluit sy om hom haar "reddings projek " te maak. En daarvoor sien hy nie kans nie, hy kry genoeg opdraande van tant Miemie soos dit is.

Na twee dae se weg kruip in haar kamer besluit Lucinda dat dit tyd is om die leeu reguit in die bek te kyk, so kan dit nie aangaan nie sy kripeer in haar kamer en vergaan bykans van die honger. Met 'n laaste huiwering skraap sy al haar moed bymekaar en verstik byna aan die groot hoop trots wat sy moet sluk.

Aiden sit voor 'n heerlike bord warm ontbyt. Skoon geskeer en taamlik goed aangetrek. Vanmore lyk hy vir haar ekstra aantreklik. Die reuk van vars koffie, roosterbrood en gebraaide spek laat haar maag kwaai grom.

Aiden bekyk die juffroutjie wat in die deur op die trap huiwer. Hy voel skuldig dat hy nog nie met haar vrede gemaak het nie. Die arme vrou kruip al vir twee dae vir hom weg. Werktuiglik begin hy vir haar ontbyt inskep.'n Vriendelike groet gekombineer met 'n warm glimlag, laat Lucinda so effens voel soos 'n prooi wat met aas nader gelok word vir die lokval. Sy gaan sit versigtig langs hom en begin om omverskoning te vra, maar hy maak haar stil met sy wysvinger. Sy stem is warm en intiem...'n slaapkamerstem sou haar ma gesê het. Dit vang haar effens onkant. Sy het nou wel in ‘n pastorie groot geword maar dit beteken nie dat daar nie ‘n goeie voorbeeld in haar lewe was van hoe waare liefde en passie moet lyk nie. Die een ding wat sy by haar ouers geleer ken het is hoe ‘n man en vrou mekaar behoort te bemin. So ‘n liefde wil sy graag eendag in haar eie lewe hê.

En moet sy erken is een van die hoof temas waaroor sy graag met Liewe Jesus gesels.

"Nee ek moet jou omverskoning vra, sal jy my buffelagtige optrede vergewe?"

Sy dink half geamuseer dat sy hom enige ding op aarde sal vergewe as hy net sal aan hou om met haar te praat in daardie - vat my huis toe stem. Sy besef dat hy vir haar antwoord wag, en strompel oor haar eie woorde uit haar gedagte wêreld. " O ja askuus, ja natuurlik....maar nee ek moet vir jou jam..."Haar sin hang net so onvoltooid in die lug. Hy het haar weer gestil met sy wysvinger. 'n Stoute glimlag speel om sy mond en sy verbeel haar daar dans klein duiweltjies in sy donkerder oë. "As jy nie ophou om vir my omverskoning te vra nie gaan ek daai parmantige bekkie van jou moet toe soen. En ons altwee weet jy wil tog nie hê jou eer moet in die gedrag kom nie."

Sy voel die warm bloed op kruip in haar nek en wange en heel laas haar ore. Sy haat dit as sy bloos dat haar ore rooi word, dit laat haar soos 'n trol uit 'n Dawie kabouter storie lyk .Verlee sak sy haar oë, wat klaarblyklik hom nie in sy geterg stuit nie.

"Ag nee toe nou moenie so bek af lyk nie, ek is 'n bobaas soener en ek het my tande geborsel, belowe."

Lucinda wil verduidelik dat sy nie bek af is nie dat sy net verlee is oor haar kinderagtige optrede van vroeër. En begin tot haar bittere spyt haar verduideliking met die verbode woord. " Jam...." twee warm uitlokende lippe brand 'n enkele oomblik op hare en voor sy nog besef wat gebeur is dit verby.

"Ek het jou gewaarsku tierwyfie."

Fluister hy by haar linker oor, wat verseker nou aan die brand moet wees.

Dan stap hy in die gang af so asof niks gebeur het nie.

Aiden het die vorige dag met Stefan gereël om by die Noordelike bergkoppie te ontmoet. Hy gryp vinnig een van sy sneeu baaikies uit die kas uit.

Oomblikke later huiwer hy in die deur van die kombuis waar Lucinda versteen sit net soos hy haar gelos het.

Met n selfvoldane glimlag en Lucinda in sy gedagtes stap hy die huis uit. Hy weet Stefan het gesê sy het in ‘n pastorie groot geword, maar hy het darem gedink die meisiekind was al gesoen in haar lewe. Hoe kon enige vol bloed kêreltjie die versoeking weerstaan om daardie vol lippe vir ‘n toetslopie te vat.