Die Jagter van Olifantskloof by Brenda Botha - HTML preview

PLEASE NOTE: This is an HTML preview only and some elements such as links or page numbers may be incorrect.
Download the book in PDF, ePub, Kindle for a complete version.

Hoofstuk 4

Ivy Steenkamp se rooi sportmotor kom tot stilstand voor die paleis van 'n huis waar haar suster en Aiden vir die afgelope drie jaar gewoon het. Dit was nog altyd 'n uiterse pragtige huis maar sonder haar suster het die ou huis al sy sprankel verloor. Sy onthou weer die telefoon oproep wat sy vanoggend ontvang het van mev. Van der Merwe, woede kook op nuut deur haar are. Vasberade dat sy haar antwoorde gaan kry slaan sy haar sportmotortjie se deur onodig hard toe.

Lucinda skrik wakker van 'n ongeduldige gehamer aan die voordeur. Nog deurmekaar kyk sy om haar rond. Sy het aan die slaap geraak voor die lekker warm kaggelvuur. In hierdie bittere koue kan niemand haar blameer dat sy haar soos 'n kat kom uitstrek het op die dik mat voor die vuurtjie nie. Die afgelope twee weke in Aiden se huis het verby gevlieg. As sy hom vier keer met ‘n oog gesien het was dit baie. Van dat hy haar daardie oggend aan die ontbyt tafel gesoen het vermy hy haar soos die pes. Sy wonder of hy spyt is en nou so ver moontlik uit haar pad probeer bly. Die gedagte maak haar half hartseer alhoewel sy nie regtig weet hoekom nie.

Lui strek sy haar bene en arms voor sy na die houtdeur met die groot vyf daarop uit gekerf toe stap. Dit verg nogal baie van haar om die deur oop te trek veral nou dat die skarniere so maklik opys met die dik sneeu val.

Voor die deur staan ‘n blondevrou in 'n baie deftige pastel knopies hemp en ligblou langbroek. Haar hare is vas gevang in 'n stywe bolla, sy kan dalk 'n prokureur wees. Die tipe vrou wat enige tyd van die dag deur ‘n ring getrek kan word. Lucinda voel die takseerende oë met kritiek oor haar gaan. Sy voel skielik soos 'n voëlverskrikkers met haar gekreukelde denim en te groot langmou hemp. Sy bekyk Lucinda of sy iets is wat die kat ingesleep het. "Middag kan ek help?"

Ivy trek haar sonbril 'n end van haar neusbrug af. Sy kreukel haar neus so op, dit lyk kompleet of sy iets onaangenaams ruik. "Ek sien mev Van der Merwe was toe reg." Haar stem is koud en beskuldigend.

"My suster is nog nie eers ‘n maand in haar graf nie en Aiden het al klaar vir hom 'n nuwe ou speeldingetjie aangeskaf. Wel een ding kan jy maar sê van Aiden Sonnekus hy laat nie die gras onder sy voete groei nie."

Lucinda gaap die vrou skaamteloos oopmond aan. "Askuus?...ek is gun niemand se speeldingetjie nie." Die vrou gee Lucinda ‘n beterweterige snork. "Vir jou informasie het ek geen verbintenis met meneer Sonekus nie. Ek is slegs 'n huurder in sy huis." Die blondekop rol haar oë en grinnik sarkasties. "Dan het sy nog 'n tong so skerp soos 'n skeermeslemmetjie ook." Lucinda voel hoe haar bloedruk nuwe hoogtes bereik. Dan sien sy Aiden se viertrek die kronkel grondpaadjie op kom. Die blondekop draai haar kop om ook te sien waarvoor Lucinda oor haar skouer loer. Lucinda sien vinnig haar uit kom kans uit die lelike situasie en gryp dit met altwee hande aan ."Wel hier is Aiden nou jy kan maar self jou ou probleempie met hom uit klaar."

Lucinda se koue woorde laat die blond haar kop skielik terug ruk. Met soveel krag as wat Lucinda se arms haar toelaat klap sy die deur in die vrou se gesig toe. Met ‘n paar lang tree vlug sy na die veiligheid van haar kamer.

Sekondes staan Ivy net so versteen voor die toe deur wat enkele millimeters van haar neus af gestop het. Wie de duiwel dink die "Madam" is sy? Niemand klap 'n deur in Ivy Steenkamp se gesig toe nie. Met gebalde vuiste probeer Ivy haar humeur beteuel.

Aiden klap sy viertrek se deur so hard toe dat Ivy om swaai.

"Wat soek jy hier Ivy? Jy is nie welkom hier nie!" Bulder hy soos 'n kwaai leeu. Ivy gee 'n smalend glimlag "Ek het maar net kom hoor wat jy vir jouself te sê het?" Met blitsende oë kyk sy Aiden uit die hoogte aan al is sy ‘n goeie twee koppe korter as hy." Amalia se outopsie verslag het gekom." Sy bestudeer sy gesig vir enige suspisiese reaksie. "Die verslag sê sy was twee maande swanger.

Aangesien ons almal weet jy wou nie kinders gehad het nie. Verduidelik dit seker hoekom my suster drie uur in die ogend verongeluk het."

Sy mik 'n klap na sy gesig maar hy vang haar gewrig stewig vas. Sy oë pikswart van woede. "Wat probeer jy insinueer Ivy?" Sy ruk haar arm uit sy ystergreep uit. Haar woorde is koud en gevoeloos. "Maklik Aiden sy het jou vertel sy is swanger, jy het haar verwerp en weg gejaag soos ‘n sleg hond. Natuurlik nie eers die ordelikheid gehad om haar net die nag uit te laat wag voor jy haar in die pad gesteek het nie. Sy is ontsteld in die middel van die nag hier weg. Jy kon mos dink dat sy nie in haar toestand kon bestuur nie. Jy is 'n monster Aiden Sonekus! En jy sal betaal! Daarvoor sal ek sorg." Aiden slaan 'n vuishou teen die muur langs hom. "Ivy gee pad eerder voor my oë! Jy weet nie waarvan jy praat nie. En as jy hierdie belaglike storie van jou rond sprei sal jy die een wees wat jammer is."

Sy stem verklap dat hy gevaarlik naby is aan beheer verloor, die blondekop gee ‘n tree agteruit. Sy gluur hom met oë vol haat aan. "Is dit 'n dreigement?Dalk was my suster se ongeluk dan tog nie 'n ongeluk nie." Aiden draai sy rug op haar en begin in die huis in stap. "Loop net eerder Ivy, daar is dinge van jou suster wat jy nie weet nie."

Lucinda voel skoon skuldig oor sy die argument tussen Aiden en die bondekop kan hoor. Dis mos nie jou skuld hulle gil so op mekaar nie, dis nie asof jy gestaan en afluister het nie. Troos sy haar knaende gewete. Sy hoor Aiden in die kombuis skottelgoed rond gooi en besluit om maar eerder uit sy pad uit te bly.