Esther se Getuienis by Esther du Toit - HTML preview

PLEASE NOTE: This is an HTML preview only and some elements such as links or page numbers may be incorrect.
Download the book in PDF, ePub, Kindle for a complete version.

My eerste A4 Bybel.

Ek het oorsee gegaan met ‘n klein Amplified Bybeltjie en net besef ek moet nou Bybels hê vir die mense wie JESUS aan neem. So besluit ek toe om die klein Bybeltjie te fotostateer en te vergroot na A4 grote. Die gedrukte Bybel was dus groot en dik. Almal kon dus lees sonder ‘n bril. Ek het sommer ‘n paar laat maak. Ek kon op daardie stadium geen Thai of Engelse Bybels kry nie.

Veel later kon my seun, wie in Phuket was, my help om vas te stel waar kan ons Thai Bybels kry. Na ek die A4 Bybels laat maak het, kon die wie JESUSbaangeneem het begin Bybel lees. ‘n Vriendin van my in Suid Afrika het op ‘n dag vir my Amplified Bybels uit Suid Afrika gestuur. Mag VADER haar seën vir haar liefde en gewilligheid om te help. Toe kon ek vir almal die regte Engelse Bybel gee en nie die vergrote een nie.

Ek gee GOD ons VADER en JESUS CHRISTUS al die eer, lof en dank vir alles wat HY gedoen het. Aan HOM kom al die verheerliking.

AMEN.

Indier meisie bekeer

Ek ontmoet ‘n Indier meisie. Sy was ‘n onderwyseres by ‘n laerskool in Kranuan.Sy kon nie baie goed Engels praat nie, en was baie behulpsaam. Een middag kom sy by my kuier. Ek het skrifte vergroot en teen my muur geplak

Hebrew 13:5

“HE GOD Himself has said, I will not in any way fail you. Nor give you up, nor leave you without support. I will not, I will not, I will not in any degree leave you helpless, nor forsake, nor let you down (Relax My hold on you assuredly not” [Joshua 1:5 ] )

6. “So we take comfort and are encouraged and confidently and boldly say. The Lord is my helper : I will not be seized with alarm. I will not fear or dread or be terrified. What can man do to me”.

Sy lees die skrif en vra vir my wat is dit. Ek sê dis uit die Bybel. Sy sê: ” Ek wil dit hê, ek het dit nodig.” Want sy wou Bangkok toe gaan om verder te studeer.

Ek verduidelik toe aan haar dat sy JESUS moet aan neem en as haar verlosser en saligmaker en sy mag dan nie meer Budha aanbid nie en ook nie tempel toe gaan nie.

Doop in 3 dele

Sy sê goed. Ek lei haar in gebed na JESUS en sy maak ‘n volle oorgawe. Sy kry een van die groot Bybels om te lees. Elke middag na skool kom sy na my kamer, dan leer ek haar uit die Woord. Deel ook met haar die doop skrifte.

Daar is nie baddens in Thai huise nie, net ‘n drommetjie met water en ‘n plastiese bakkie om water te skep. Een middag kom sy weer na my toe en sê sy wil gedoop word. Ek sê vir haar ons het ‘n bad of swembad of ‘n groot houer nodig. Ek kan net nie ‘n groot bad of houer kry nie.

‘n Ander dag loop ek na die onderste mark en toe ek naby hulle huis verby loop, skree sy vir my van die boonste verdieping af : “Esther!!! Come HERE!!!”

Ek gaan na haar en sy sê: “Baptize me now!!! I’m not going to wait, baptize me now!“ Ek vra haar wat het sy?

Daar was ‘n groot skottel en ‘n drommetjie. Ek kry die gedagte, maak die drommetjie en skottel vol water. Ek laat haar in die drommetjie in klim en af sak so laag as wat sy kan. Toe uit die drommetjie en laat haar lê in die skottel. Die water van haar bobene tot by haar nek onder die water. Toe laat ek haar uitklim en vooroor kniel by skottel en druk haar kop onder die water. Ek doop haar in drie dele. Sy kry haar Hemelse taal en het so vreugde. Daar het ek geleer, VADER kyk na die hart en nie na die manier waarop jy gedoop word nie. Ek gaan koop toe vir my ook ‘n groot skottel.

Een Saterdag oggend kom ‘n Thai meisie na my kamer wie JESUS aangeneem het by die skool. Sy deel met my ‘n droom wat sy gehad het. Sy droom die son word swart en dit word donker. Die mense is so vrees bevange, hulle gryp hulle koppe vas en skree. Toe sien sy die maan word bloed.

Ek wys vir haar dit staan in die Bybel. Sy sê ook sy wil gedoop word. Ek doop haar in my kamer ook in drie. Die drommetjie en die skottel. Sy kry ook haar hemelse taal. ABBA VADER het net bonatuurlik gewerk en ek gee HOM al die eer. Baie keer het ek net gestaan en kyk hoe HY die wonderwerk doen.

Nog ‘n Thai meisie kom na my kamer en ontvang ook haar hemelse taal. Sy begin kitaar speel en lei die sang by haar groep. Sy sing ook pragtig in tale.

VADER is ALMAGTIG. Ons eer U. Hallelujah.

Sien in gesigte

Na my wedergeboorte begin ek in gesigte sien. Een oggend staan ek op my knieë en bid, skielik sien ek in die gees ‘n gorilla in die kamerdeur staan. Die skrif kom by my op. “Alles wat jy sou bind op aarde sal gebonde wees in die Hemel.”

Ek bid in my gedagte, nie eers hardop nie! “HERE JESUS ek bind hierdie gorilla en vra dat U Engele stuur en hom verwyder.”

Die volgende oomblik sien ek ‘n wit tou om die gorilla draai en hy begin in die rondte draai en lig van die vloer af op en gaan deur die plafon uit.

Daar het ek die krag van gebed ervaar wanneer jy skrif bid en outoriteit neem. Eendag loop ek in die sitkamer en sien ‘n krokodil al agter my aankom. Hy sê vir my : “ Ek is jou god.” Ek sê hardop : “Jy is nie my god nie.”

‘n Vriendin kom by my tee drink en toe sy in die sitkamer kom vra sy vir my watse beeldjie is daar op die TV? Ek sê dis ‘n olifant. Sy sê nee sy sien ‘n krokodil. Die olifant het my man in Swaziland gekoop. Ons voer toe geestelike oorlog en ek gooi die olifant op die teer stukkend. Daarna was die krokodil weg. Soms het ons ornamente in ons huis en dit het ‘n vloek op. Dit gee die bose gees die reg om in jou huis te wees en jou te treiter.

2 Timotheus 2:20

“Maar in ‘n groot huis is daar nie alleen voorwerpe van goud en silwer nie, maar ook van hout en erdewerk. Sommige tot eer, maar ander tot oneer”.

21 “As iemand hom dus hiervan deeglik reinig, sal hy ‘n voorwerp tot eer wees. Geheilig en bruikbaar vir die HERE, toeberei vir elke goeie werk”.

Wees versigtig wat jy koop om in jou huis te sit. Vader wil nie ander gode in die vorm van beelde of simbole by jou hê nie al aanbid jy hulle nie. Dit gaan nie oor jou nie maar oor Hom en Sy Woord. Gebod jy mag nie ander afgode voor  Sy aangesig Hê nie. Die oomblik as jy dit oortree is daar opening vir die magte van duisternis om reg te hê om vloeke te plaas.

Handelinge 19:19

“En verskeie van die wat met towery omgegaan het, het die boeke bymekaar gebring en voor almal verbrand ; en hulle het die woorde daarvan bereken en gevind dat dit vyftigduisend silwerstukke was”.

Kanchana Buri

Ek getuig alleen sodat U kan sien. G0D werk op ‘n manier wat ons nie altyd verstaan nie.

Ek kry ‘n boodskap dat ek na Kanchana Buri moet gaan, maar besluit nee, dis te ver en duur. Ek kan nie gaan nie, ek is net 3 maande in Thailand en die tyd is te min.

Ek kry weer die boodskap “ Gaan na Kanchana Buri.” Ek bid en sê: “ HERE JESUS, as dit van U is, sal ek gaan.” Ek pak my tas in geloof en wag.

Saterdagoggend 4vm word ek wakker en hoor duidelik ; “ Staan op en maak klaar.”

Ek dink, “Maar dis 4 uur, die bus trek eers 6 uur weg.” Ek hoor weer: “Staan op en maak klaar.”

Ek stort en trek aan, kry als gereed en dis net voor 5 uur. Ek hoor: “ Gaan trek geld” en hoor die bedrag. Dis nog donker, maar ek stap tot by die kitsbank en trek die geld. Weer hoor ek om na ‘n sekere winkel toe te gaan. ( Ek skryf nie name nie want ek het nie toestemming nie.) Ek sê: “HERE, dis so vroeg hulle slaap nog.” Maar ek loop daarheen en tot my verbasing is hulle winkel oop en hulle is besig om goed op die sypaadjie uit te pak. Ek vertel vir hulle dat ek na Kachana Buri moet gaan en moet vlieg tot in Bangkok, kan hulle my help om uit te vind of ek ‘n kaartjie kan bespreek. Ek sal met die bus 6vm ry tot by Khonkaen en dan vlieg tot in Bangkok.

Die man sê goed, hulle sal op die internet kyk en bespreek, dan gee ek die geld vir hom. Hy probeer, maar kry niks reg nie. Sy vrou probeer ook, maar kom ook nie reg nie. Hulle skakel die lughawe, maar geen antwoord nie.

Die vrou sê vir haar man hy moet my vinnig met sy motor lughawe toe neem en my help om ‘n kaartjie te kry. As daar nie plek is nie kan hy my weer terug bring. Hy sê goed, en vra is ek gereed om te gaan. Ek loop gou terug na my kamer en sluit alles toe en die volgende oomblik stop hy met sy motor om my op te laai. Ons ry lughawe toe in ‘n uur se tyd. Let wel, die bus vertrek 6vm en ry 2 ure tot in Khonkaen dan ry die bus lughawe toe vir nog ‘n half uur??

Toe ons by die lughawe kom, help die man my om vinnig ‘n vliegtuig kaartjie te kry op die enigste vlug die oggend. Mag die HERE GOD daardie egpaar seën vir alles wat hulle al vir my gedoen het.

Ek vlieg tot in Bangkok. Op die lughawe dink ek nou moet ek ‘n huurmotor neem tot by die bussies wat na Kanchana Buri gaan. Ek hoor: “Nee, gaan na Muang Phol oornag in hulle kamers.” Ek sê: “ Maar HERE ek moet dan Kanchana Buri toe gaan en dis duur om in Bangkok te slaap.” Ek hoor weer: “Gaan na Muang Phol mansions.” Goed, VADER ek sal gehoorsaam. Ek kry ‘n huurmotor na Muang Phol. Ek verstaan glad nie hoekom nie, maar ek gaan. Daar gekom, kry ek ‘n uitsig kamer en hoor duidelik: “Jy kan nou uit trek en in die bed klim, slaap en rus.” Dis nou die laaste ding wat ek in gedagte gehad het. Weer is ek maar gehoorsaam, want GOD ons VADER weet beter. Ek slaap heerlik en later gaan stap ek deur die winkels en gesels met mense. Die volgende oggend is Sondag. Ek word net voor 4 vm wakker en hoor weer: “Staan op en maak klaar.” Ek verstaan nie hoekom so vroeg nie, maar tap gou water in die bad. Kyk dis ‘n luuksheid in Thailand om te kan lê in ‘n bad.

Terwyl ek klaarmaak bid ek die heletyd in my hemelse taal. 5vm hoor ek: “Gaan af ondertoe, neem alles saam.”

By die ontvangs sê die man vir my: “ Your taxi is waiting for you!” Die man van die huurmotor vra waarnatoe wil ek heen gaan, en ek sê na die bussies wat na Kanchana Buri gaan. Hy begin my te smeek om my na Kanchana Buri te neem. Hy sê : “ Taxi, one hour. The van take 3 hour.” Ek sê toe nee taxi is te duur. Hy kom af met sy prys en ek hoor duidelik: “Take it”.

Ons ry na Kanchana Buri en hy vra my uit oor my kleredrag en ek begin getuig. Hy sê : “ Man so many foreigners travel my taxi, they tell me about JESUS, but I never try.”

Ek sê vir hom: “ Today GOD send me to help you to receive JESUS.”

Al was dit net vir daardie een man vir wie ek vroeg moes opstaan en by Muang Phol moes tuisgaan was dit die moeite werd.

Prys JESUS!!!!.

Ek het geleer om te hoor en te gehoorsaam. Nie te twyfel nie, maar net te doen en later te sien dit was in die plan van GOD.

Reis deur Suid Afrika

Ek kom terug van Thailand af en VADER se duidelik ek gaan reis. In Suid-Afrika hoor ek presies hoe ek my troukleed moet maak en die sluier. Ek kry bevestiging en ek maak klaar om te vertrek. Ek vra my vriendin om saam met my te reis en ons vertrek met my dogter se ou Mercedes-Benz.

Dit was ‘n kosbare tyd. Wanneer ek of sy die naam van die dorp of stad kry kon ons vir mekaar bevestig. Wanneer ek wakker word het ek ‘n naam van die plek neergeskryf en wanneer ek vra of sy iets gehoor het, dan was dit dieselfde.

Op ‘n stadium het ek in die gees in ‘n gesig Esegiel se wiel voor die motor gesien. Die vlamme het so uit die wiel in ‘n wiel gekom en die pragtigste kleure . Weerskante was Engele. En ek hoor : “Volg die wiel.” Elke keer draai die wiel presies af by die dorp of plek waar ons moet wees. Waar hy stop, stop ons en gebruik VADER ons by mense. So het ons deur die land gereis. Het groepe besoek en ook by winkels mense ontmoet en bedien. Ook gesien hoe ‘n vrou uit ‘n rolstoel opstaan en loop. Ek gee GOD ons VADER en JESUS CHRISTUS al die eer. Dit was ‘n kosbare tyd. Net voor Port Elizabeth het die voorwiel begin lawaai. My vriendin kruip onder die motor in maar sien niks fout nie. Ons bid en die lawaai hou op. In Port Elizabeth kook die motor en stoom kom onder kap uit. Ons gooi water en bid en weereens kan ons ry. Ons besoek ‘n gemeente en oral waar ons kom bedien ons die mense.

In Oos-Londen is ons al baie moeg na 3 maande. My vriendin besluit om terug te kom Pretoria toe en ek bly alleen agter. Ek hoor duidelik ek moet deur die Transkei ry na Port Shepstone. Ek wil nie want ek is vrou alleen met ‘n ou motor. Maar bly die boodskap kry. Umtata. Ek besluit om te gehoorsaam.

Ek hoor ek moet oorbly in Gonubie……. Ek het nie ‘n idee waar dit is nie. Die opsigter by die woonstel waar ek en my vriendin tuis gegaan het beduie vir my waar dit is en ek ry. Ek soek slaapplek en sien ‘n groot dubbel verdieping huis. Ek kry die gedagte om daar te bly, maar dink nee dit gaan baie duur wees. Ek ry verby en kom by kamers naby die see. Skakel die sel nommer om te hoor wat kos dit. Die vrou beduie my na die adres waar ek kan oornag want hulle werk aan die kamers. Tot my verbasing is die adres presies die huis waar ek die gedagte gekry het om daar tuis te gaan. Ek kon net glimlag. Die eienares is baie vriendelik en vra dadelik “ Is dit jou troudag? Hoekom is jy so aangetrek? “ Ek gee haar die boodskap van die Bruid wat gereed moet maak vir die koms van JESUS. Sy gee die kamer vir my vir ‘n klein bedrag en is opgewonde omdat ek daar tuis gaan. Sy skenk my ‘n hele boks Bybels en traktate en wil net help.VADER stuur mense na my wie ek moet bedien en ek kry ook genoeg gerus.

Een oggend word ek wakker met Umtata. Ek pak my tas, gaan groet en vertrek.

Vrou alleen deur die Transkei

Ek arriveer in Umtata en kyk dadelik waar is ‘n gastehuis of ‘n plek waar ek kan oornag. Hou by die petrolpompe stil om petrol in te gooi en vra daar ook waar kan ek gaan slaap. Toe ek uit die motor klim om ‘n draai te loop, hoor ek net hoe die swartmense sê: “Lie lie lie lie”. Hulle dans en is vol vreugde. Wanneer en waar ek ooral kom, begin hulle altyd te dans en sing “Lie lie lie lie” en vinnig met hulle tonge. Ek groet hulle in Suid Sotho en begin ‘n lied sing in Suid Sotho: “Thulela moya waha JESU”. Almal ken die lied al praat hulle Zulu, Xhosa, Pedi of watter ookal. Almal ken die wysie en sing dit in hulle eie taal. Dit was so wonderlik, ek sing in Suid-Sotho en hulle in hulle eie taal. Die mans growwe stemme en die vroue fyn en in verskillende stemme. Ek deel Traktate uit in hulle taal en het ‘n gehoor. Almal kom aan om te hoor en saam te sing. VADER GOD het geweet en JESUS word verheerlik. Halleluja!

Ek ry om plek te soek en hoor : Port Shepstone. Ek het gedink ek gaan in Umtata bedien en oorbly. Wel ek ry verder. Net voor Kokstad begin die regter agterwiel van die Benz weer met ‘n klakgeluid. Dit word al erger en klink soos ‘n trekter. Dis Saterdag middag, nêrens kan iemand my help nie. Wanneer ek ‘n opdraende uitry is daar nie krag nie en kruip die motor stadig tot bo. Ek bid en vra ‘VADER, wat nou?’. Ek hoor ry tot in Port Shepstone. Eks skakel die intersessors en sê: “Help bid.”

Ek ry 10 ure deur die Transkei. By Port Shepstone hoor ek Umtentweni. Ek was so verbaas.” HERE?? Hoor ek reg? Ja, ry na Umtentweni”.

Dis al donker toe ek daar aankom. Niemand antwoord wanneer ek die klokkie lui nie. Dit was alles in die plan van GOD. Ek ry en hoor by ‘n stop straat , draai links, volgende straat draai regs. My oog val op ‘n bord met telefoon nommers. Ek skakel en hulle maak die hek oop. Ek gee die HERE GOD al die EER.Wanneer Hy ‘n afspraak maak het voorsien HY in alles. Ek word so vriendelik ontvang, kry kos en ‘n borrelbad en word so gasvry behandel. Al was ek moeg, kon ek dadelik mense bedien.

Die volgende oggend hoor ek: “Ry na Margate!” ek dink : “HERE? Met die lawaai wiel?” Die HERE GOD werk op maniere wat soms onverstaanbaar is. Toe ek gereed is om te vertrek keer nog mense my voor ek ek bedien hulle. JESUS het ‘n afspraak met elkeen gehad. Prys SY NAAM!!!

Ek ry na Margate! By eerste motorhawe kan hulle my nie help nie, die 2de een ook nie die 3de een ook nie. Maar VADER werk! HY het afsprake waar HY my laat stop. By die 3de motorhawe, ‘n bandeplek, sê ‘n vrou, nee hulle kan ook nie help nie maar beduie my na ‘n ander garage. Toe ek by die motor terugkom uit die kantoor het die werktuigkundige die wiel afgehaal en ondersoek. Ek sê vir hom nee, hulle sê in die kantoor hulle kan my nie help nie. Hy sê vir my hy werk al jare by die plek en ken als. Daar is nie fout met die wiel nie. Ek gee hom ‘n fooitjie, bedank hom en ry na die motorhawe op die bult.

Toe ek instap kom ‘n man na my en sê: “WOW! Is this your wedding day? “ Ek gee hom die Bruid boodskap en hy is so opgewonde. Hy sê hy het sy lewe en hart aan JESUS gegee in Januarie. Maart maand is hy gedoop en het sy Hemelse Taal ontvang. Hy getuig hy was ‘n Hindu maar sy lewe het so verander vandat hy JESUS aangeneem het. Hy vra waarmee kan hy my help en ek verduidelik aan hom van die wiel wat so lawaai. Hy loop na die Benz en sê “Let’s pray”. Hy lê hande op die Benz, ek ook. Hy sê ek kan ry. As die wiel nog pla kan ek terugkom dan sal hy kyk wat is fout. Hy vertel vir my waar kan ek tuisgaan teen ‘n redelike prys en ek ry. Ek kom agter die wiel is stil. Prys die HERE! ‘n Baba Christen het gebid en GOD het verhoor in die naam van JESUS. Hallelujah!

Ek kry ‘n plek wat op die see uitkyk vir net R100 ‘n nag. Ontmoet kinders van die HERE daar en hulle ontvang my met soveel liefde. Bring vir my ‘n heerlike bord gekookte kos. Mag VADER hulle seën vir al hulle liefde en alles wat hulle vir my gedoen het. Ek was so verskriklik moeg dat ek net wou slaap en uitrus. Toe ek gerus het, was dit so wonderlik om so oor die see te sit en kyk na die branders , golwe en bote wat verby vaar. Ek kon so lekker by VADER se voete sit en bid, skrif lees en HOM net loof en prys vir Sy genade en liefde en al die guns wat HY vir my by ander gee.

Na ‘n dag se rus kon ek afstap na die strand en mense oral bedien en getuig. Ek stap kaalvoet in die sand en gesels oral met mense, want weereens is dit my kleed wat die mense trek en my ‘n opening gee om teenoor die mense te getuig. Wat wonderlik was is dat ek mense van verskillende dorpe en stede in die land, in Margate ontmoet en kon hulle die Bruid boodskap gee. Ek hoef nie na hulle dorpe te gaan nie. VADER wys my hoe die nuus versprei. Elkeen wie die Bruid boodskap kry, neem die nuus na sy of haar tuisdorp en so gaan die boodskap uit.

Dit was ‘n kosbare tyd en ek gee aan GOD ONS VADER en JESUS CHRISTUS al die EER. AMEN

Deur die land vir die 2de keer

Ek het onlangs weer deur die Land gereis. Die keer alleen. ‘n Paar plekke oornag en bedien. Dit was baie koud maar VADER se hand was op my en ek het nie siek geword nie. Oral waar ek bedien het moes mense vergewe en vergifnes vra. Dan het die genesing plaas gevind. Die bruid het onvergewinsgesindheid en bitterheid en baie seer gekry deur die jare.

Sodra hulle van harte vergewe en die mense vryspreek en hulle seën, dan ontvang hulle genesing.

Na ek deur die land gery het bid ek vir mense wie na Israel sou gaan, en ek vra vir VADER wanneer kan ek ook Israel toe gaan.Daardie selfde aand kry ek die uitnodiging om te kan gaan.

Weereens kom ABBA en voorsien in alles! My vliegtuig kaartjie en verblyf en alles wat nodig was. Wat n wonderlike VADER aanbid ons. Mag VADER die vroutjie wie my geneem het oorvloedig seën vir alles wat sy vir my gedoen het.

 

(word vervolg)

You may also like...

  • Argent Rapide Facile
    Argent Rapide Facile International by BlAzKtjr
    Argent Rapide Facile
    Argent Rapide Facile

    Reads:
    1

    Pages:
    21

    Published:
    Jul 2024

    Argent facile 50 a 500 par jours sans rien faire ! pdf rapide et facile

    Formats: PDF, Epub, Kindle, TXT

  • Spreuke Raaisels - Vraestel
    Spreuke Raaisels - Vraestel International by Chris Viljoen
    Spreuke Raaisels - Vraestel
    Spreuke Raaisels - Vraestel

    Reads:
    1

    Pages:
    88

    Published:
    Jun 2024

    Wat beter manier is daar om wysheid te kry, as om uit die mond van die Skepper self te leer? Gebruik hierdie gids om elke vers van die Spreuke van Salomo nouk...

    Formats: PDF, Epub, Kindle, TXT

  • Die Jesus Reeks - Leerder Gids
    Die Jesus Reeks - Leerder Gids International by Chris Viljoen
    Die Jesus Reeks - Leerder Gids
    Die Jesus Reeks - Leerder Gids

    Reads:
    1

    Pages:
    198

    Published:
    Jun 2024

    Die skrywer, ‘n gesoute dosent en Bybel skool-leier, gaan voort om te studeer en hoop in die harte van gretige lesers te vestig. Met meer as 14 jaar ondervind...

    Formats: PDF, Epub, Kindle, TXT

  • Die Openbaring Reeks - Leerder Gids
    Die Openbaring Reeks - Leerder Gids International by Chris Viljoen
    Die Openbaring Reeks - Leerder Gids
    Die Openbaring Reeks - Leerder Gids

    Reads:
    0

    Pages:
    108

    Published:
    Jun 2024

    Het jy al ooit gewonder oor die einde? Is jy onseker oor hoeveel daarvan jy persoonlik gaan beleef? Miskien is die Openbaring vir jou totale duisternis... Moe...

    Formats: PDF, Epub, Kindle, TXT