Esther se Getuienis by Esther du Toit - HTML preview

PLEASE NOTE: This is an HTML preview only and some elements such as links or page numbers may be incorrect.
Download the book in PDF, ePub, Kindle for a complete version.

Thailand.

Ek vlieg tot in Bangkok en neem ‘n ander vliegtuig na Phuket. Die bietjie Sing Dollar wat ek oorgehou het, gaan ruil ek uit vir Baht. Op Phuket lughawe bel ek my seun en vra of hy my kan kom haal. Hy lag en sê “Ma, ons het net ‘n motorfiets.” Hy sê ek moet ‘n huurmotor kry. Ek het gelukkig ‘n foto gesien van die gebou waarin hulle gewoon het, anders het die huurmotor my die aand by ‘n verkeerde adres afgelaai. Toe ek met my kinders deel wat alles gebeur het, kon hulle nie glo dat ek sonder geld oorsee gekom het nie. Hulle doen al ‘n paar jaar sending werk en elke jaar voorsien die HERE genoeg vir hulle vir ‘n hele jaar. Hulle werk mooi met die geld om ‘n jaar daarmee uit te kom.

Soms werk GOD op ‘n manier wat vir die mens onverstaanbaar is. Ek was by my kinders en het nie geweet dit was deel van GOD se plan nie. Elke einde van die maand moet ek na die grens gaan vir ‘n volgende stempel om in die land te kan bly.

Ek ontmoet die vrou wie die bussie reel om ons na die grens te vat. Ek ontmoet ook ‘n jong man van Suid-Afrika wie op Phi-Phi eiland werk.

Terug by my kinders bid ek vir leiding. Waar wil VADER my hê? Tot op datum het ek nog nie geld in my bank ontvang nie. My dogter het kom kuier in Phuket en my Dollars gegee. Op die mark verloor ek dit. Dit was sleg vir my, maar weereens GOD het ‘n volmaakte plan.

Een oggend hoor ek, “Gaan na Rhawai Beach.” My seun help my om by die Sangtau te kom. Dis ‘n oop bakkie met ‘n dak. Dis hulle vervoer vir die publiek na verskillende plekke. Ek kom by Rhawai Beach aan en loop al met die strand af. Sover ek loop trek ek aandag met die kleed wat ek dra. Mense vra vrae en ek getuig oor JESUS. Die wie nie Engels kan verstaan nie, hoor deur iemand wie tolk. Terwyl ek so loop hoor ek : “Esther draai terug.” Ek sê : “ HERE, ek het nog nie die hele strand gedoen nie.” Maar ek hoor weer “ Draai terug.”

Ek loop terug en die volgende oomblik hoor ek “Estaaa! “ Die vrou wie ek op die bussie ontmoet het is so opgewonde om my te sien. Sy koop vir my ‘n melkskommel en ons gesels by ‘n tafeltjie en stoele op die strand. Sy vra hoe lank is ek in Thailand. Wanneer gaan ek terug? Toe sê sy : “ Jy kan nie al die tyd in Phuket bly nie, jy moet Thailand sien.” Ek sê vir haar : “Nee ek het nie geld  om te toer nie.” Sy is ‘n reisagent en het haar eie besigheid. Terwyl ons daar sit, bel sy haar suster en gee die foon vir my. Haar suster nooi my om by hulle te kom kuier en sê ek hoef nie te betaal nie, solank ek net vir kos bydra is dit reg.

Eve sê sy sal my kaartjie teen kosprys laat kry. Op die ou end bespreek sy die kaartjie tot in Bangkok en daarvandaan na Khonkaen. Ek vra wanneer moet ek betaal en sy sê Saterdag op die lughawe.

Kranuan

Ek gaan terug na my seun hulle en vertel vir hulle. Kry my tas gereed, biddend en loof en Prys JESUS dat Hy met my is en vir als sal voorsien. Toe ek by die bank kom, is die geld daar. Hallelujah! Dit was ‘n Vrydag. Die volgende dag vertrek ek na die lughawe en vlieg na Bangkok. Wag op die vlug na Khonkaen. Op Khonkaen lughawe kry ek Eve se suster en haar man en sy lyk net soos haar suster.

Nou moet ek eers vertel. In die gees het ek ‘n meisie gesien met ‘n baie lelike vel, haar gesig was vol puisies, ‘n probleem vel. Ook het VADER my gewys as ek in die huis instap waar ek tuis gaan sit daar ‘n goue Budha op ‘n altaar en vlamme wat heeltyd brand. Dis glas vlamme met ligte wat binne in soos vlamme beweeg. Ai dis alles vreemd vir my, maar VADER is getrou en waarsku my sodat ek nie skrik of vrees nie.

Ons is oppad na Kranuan waar hulle woon.

Langs die pad stop hulle by ‘n skool en die volgende oomblik kom die meisie wie ek in die gees gesien het by die deur uit. Die krag van GOD is onmiddelik op my en ek kan nie twyfel nie. Toe sy in die 4 x 4 inklim sê sy vir my : “You came by faith to this place. GOD send you.” Ek vra vir haar : “Do you love JESUS?!!!! “ Sy sê toe : “No, I am Buddist.” Ek sê vir haar : “GOD show me your face in Phuket and He send me to you.”

Ek getuig oor JESUS en my lewe en vra kan ek vir haar bid. Sy huil en sê asseblief. Die vrou en man voor in die 4x 4 voel die krag van die HERE en vra “ What is this? “ Ek verduidelik dis die krag van die Heilige Gees. Ek bid vir haar en ons laai haar by haar huis af. Sy en haar man is besig om te skei. Ek belowe om aan te hou bid vir haar en ons ruil telefoon nommers uit om kontak te kan hou. Ek het nie ‘n selfoon gehad nie maar toe my dogter in Thailand was, het sy vir my haar foon met ‘n Thai simkaart as geskenk gegee. Ek was haar baie dankbaar. Mag VADER haar seën vir als wat sy vir my gedoen het en ook vir my seun en skoondogter dat ek by hulle kon tuisgaan in Phuket. Ek seën hulle en vra dat VADER hulle ook seën.

In Suid-Afrika het ek ook in ‘n gesig die plek gesien waar VADER my sou heen stuur. Dit was houthuise op pale en trappe buite langs die huis. Diere onder die huis en baie vuil. Ook ‘n groot rot.Ek het nooit n naam gekry van die plek waarheen ek sou gaan nie, net die visioen.

Toe ons in Kranuan inry, stop die mense met wie ek saamry by ‘n huis en ek sien presies dit wat ek in ‘n gesig gesien het in Suid-Afrika. Ek weet daardie oomblik ek is op die regte plek. Die krag van die Heilige Gees is weer sterk oor my.

Toe ons by hulle eie huis stop, sien ek weereens dit wat ek in die gesig gesien het. Die trappe langs die huis en toe ek in die sitkamer instap, sien ek die Budha beeld en die altaar net soos in die visioen. Ek weet ek is in die wil van GOD.

Een onderwyser kom om my te ontmoet en ek hoor dat die man en sy vrou ook onderwysers is by ‘n baie groot skool. Hulle nooi my uit om die skool Maandag te besoek. Iemand sal my Maandag 10 vm oplaai.

Skool

By die skool ontvang hulle my baie vriendelik en die onderwyser wie my kom ontmoet het, kan baie goed Engels praat. Hy neem my van klaskamer, tot klaskamer en die kinders lees in Engels die vrae van die bord af en ek moet antwoord. Ek het nie geweet elke klas het ‘n monitor agter teen die muur nie. Hulle kan alles hoor en sien wat in die klas gebeur. In ‘n saal is daar TVs, ‘n TV vir elke klas, dus word jy dopgehou. In elke klas vra hulle my : “Why are you dressed like this?” Dan sê ek: “This is Esther’s style. Dan vra hulle, “What religion do you have? “ Dan sê ek: “I Worship GOD Almighty who created Heaven and earth, and JESUS CHRIST who died on the cross for the whole world, but who was raised from the dead and is alive.” Dan maak ek my arms wyd oop sodat my ligaam ‘n kruis vorm. Na die tyd kom sê hulle vir my die  skoolhoof wil my sien. Hy vra my om te kom skool hou, al is dit net 2 maande. Hulle kan my nie betaal nie, maar sal by die kinders geld insamel om my iets te kan gee. Ek sê vir hom ek sal die volgende dag my antwoord gee. Ek bid en vra my dogter om my kaartjie te verleng. Sy en my suster in JESUS probeer, maar kon niks reg kry nie. Die lugredery kan glad nie my kaartjie vind nie. Ek besef net die deur is toe om terug te gaan na Suid – Afrika en sê goed, ek sal kom skool hou.

Toe ek oorsee gegaan het, kon ek myself net help in Engels, ek was baie bang om met mense te praat omdat my Engels swak was. Ek het ook vir die onderwyser gesê ek kan nie goed Engels praat nie, ook vir die skoolhoof. Maar hulle het besluit as ek die kinders net die basiese woorde kan leer, is dit goed. Die skoolhoof se woorde was: “Leer ons wat jy ken”.

Elke keer voor ‘n klas dan bid ek: “Heilige Gees, kom help my asseblief”. Ek koor dans en voor elke klas vra ek hulle : “Would you like me to sing you a song and dance? “ Dan kom dit uit een mond “YES!!!” Ek sing in tale en loof die HERE. Wanneer ek dan klas gee, praat ek vlot Engels. Die onderwyser sê: “THERE is nothing wrong with your English”. Ek gee die HERE GOD, ons VADER al die eer vir dit wat HY gedoen het. Aan Hom kom al die verheerliking. Ek het vir 3 jaar skool gehou. Baie getuig oor my lewe en was soms verstom om te sien hoe die HERE werk.

Die Eerste bekeerling

‘n Onderwyser was die eerste bekeerling. VADER het hom in sekondes twee keer genees. Daarna het hy besluit om JESUS aan te neem as sy Verlosser en Saligmaker. Hy was so vol vreugde en sy lewe het so verander na sy Wedergeboorte. Elke einde van die maand het hy my na die grens geneem vir ‘n visum stempel en terwyl ons ry, bedien ek die Woord aan hom en ons bid saam. Hy het altyd gelag en gesê : “Esther, you talk a lot when you talk Bible. I cannot fall asleep while driving.” Een keer moet ons weer gaan en die oggend sê VADER: “Neem ‘n bad handoek saam.” Ek deel met hom oor die Doop en oppad terug sê hy : “I want to be baptized. “ Hy vertel hy het as ‘n jong seun by ‘n hotel gewerk, en hulle het ‘n swembad. Hy koop ‘n kort broek en ek weet toe hoekom ek ‘n handdoek moes saam neem. Ek doop hom in die swembad en hy begin in tale spreek. Elke dag wanneer hy ‘n vry klas het, gaan kruip hy  weg om Bybel te kan lees. Dit was ‘n wonderlike tyd, want ek het iemand gehad wie my ondersteun en aanmoedig om te getuig. Hy het my ook altyd met sy motor geneem wanneer ek erens heen moes gaan. En dis dan wanneer ek die Woord met hom deel, en ons saam kan bid. In die klasse het hy vrae op die swartbord geskryf, sodat wanneer die kind my die vraag vra, ek kon getuig en hy tolk as hulle nie verstaan wat ek in Engels sê nie.

Die onderwyser was baie gewild en het vertaal werk gedoen vir Universiteite en skole en ook enige iemand wie iets wou vertaal he. Dit het hy my baie gehelp. Wanneer ek vrae en antwoorde tik om in die klasse te gebruik, en wanneer ek klas gee dan het hy dit vir my vertaal in Thai. So ook my getuienis en ook my gebede. Ook ‘n skrifte boekie wat ek saam gestel het vir die wie JESUS wou aan neem. Ek seën hom en vra VADER om hom ook te sal seën vir alles wat hy vir my gedoen het. Hy, sy vrou en sy dogter was altyd baie behulpsaam. Ek dank VADER vir hulle. Hy het baie in my lewe gesaai, daarom sal hy ook maai.

Lukas 6:38

“Gee en vir jou sal geggee word”.