Esther se Getuienis by Esther du Toit - HTML preview

PLEASE NOTE: This is an HTML preview only and some elements such as links or page numbers may be incorrect.
Download the book in PDF, ePub, Kindle for a complete version.

Ek begin skilder.

My skoondogter het op lap geverf en toe hulle vertrek na Thailand vir sending, gee sy die verf vir my en sê ek moet dit gebruik want dit gaan droog word. Ek lag en sê: “Ag ek kan nie eers ‘n blom teken nie, bêre maar die verf.”

Op ‘n dag bel Tannie Nancy my en sê ek moet kom tee drink. Sy gee my ‘n kaartjie met ‘n waterwiel wat teen ‘n stoor staan en water pomp. Sy sê: “Die HERE sê jy moet dit skilder en vergroot terwyl jy skilder.” Ek lag en sê: “Ai Tannie, ek het dit nog nooit gedoen nie.” Sy sê toe vir my “Wel, die HERE gaan jou laat skilder.”

Ek het begin verf en was verstom om te sien wat ontvou terwyl ek verf. Dit was vreugde en opgewondenheid om te dink ek kon dit regkry. Ek gee weereens die HERE al die eer. Later het ek agter gekom ek verf profeties. Ek het geen klasse gehad om te verf of geweet om verf te meng nie. Die Heilige Gees het my gelei hoe en watter kleure om te meng.

Moet nooit sê ek kan nie! Ons is tot alles in staat deur CHRISTUS wie ons die krag en die wysheid gee. AMEN.

Meenthuis.

VADER voorsien aan my ‘n meenthuis. Ek het ‘n paar stukkies klere gehad en moes ‘n slaapsak en kussing leen om in te slaap. Geen bed of meubels gehad nie.

Een oggend bel ‘n man my en sê hy en sy vrou gaan verhuis en het meubels wat hulle wil saai. Hy en sy vrou het gebid en altwee het my naam gekry. Hy vra of ek dit kan kom haal. Ek reël met my broer en die dag toe ons dit gaan laai kry ek ‘n bed kopstuk, spieëltafel met ‘n bankie en twee driekwart beddens met kopstukke. Boonop nog ‘n sitkamer stel en ‘n klomp breekgoed. Hallelujah. Ons dien ‘n GOD en VADER wat voorsien.

‘n Tydjie daarna stop ‘n bakkie by my huis en ‘n jong meisie klop aan die deur en vra of sy die goed kan aflaai. Haar vriendin trek en het gevra weet sy nie waar bly sendelinge waar sy die goed kan saai nie. Sy het my geken en geweet ek het sendelinge in my huis. Ons kry kastrolle, panne en ‘n elektriese braaipan. ‘n Naaldwerkmasjien en ander huis/kombuis goed. Ek kon VADER net Loof en Prys vir Sy goedheid.

Finansies het ook begin inkom en klere.

Dit was die begin van ‘n pad om te leer om in geloof te lewe en in geloof uit te stap en te weet GOD voorsien in alles wat ons nodig het.

Op daardie stadium het ek 5 sendelinge in my huis gehad. Hulle het nie een ‘n tuiste gehad nie en ek kon hulle by my laat bly. Ons het wonderlike dinge beleef. Hier was 24 uur gebed en soms het hulle gesing en bid tot 3 uur in die oggend.

Wonderwerke het begin gebeur en VADER het voorsien in ons behoeftes. Ons het in geloof geleef en nie een het geld gehad nie, maar ons geloof is versterk deurdat ons gesien het hoe GOD se hand op ons was.

Ons was 3 dames en 3 mans. Hulle was nog jonk en ongetroud. Ek was soos hulle geestelike moeder.

Een dame was vir 3 jaar by my aan huis, die ander een ‘n paar maande. ‘n Jongman 1 jaar, en die ander ongeveer 6 maande.

ABBA VADER het later gewys waar Hy hulle wil hê.