Die Jagter van Olifantskloof by Brenda Botha - HTML preview

PLEASE NOTE: This is an HTML preview only and some elements such as links or page numbers may be incorrect.
Download the book in PDF, ePub, Kindle for a complete version.

Hoofstuk 7

Die week het gou verby geglip. Die na skoolse koffie afspraak met Johan het heel goed afgeloop. Al was sy oorspronklik nie opgewonde daaroor nie. Hy was vol grappies en bravades. Lucinda vind hom taamlik aangenaam. Hy laat haar lag met sy uitspattige persoonlikheid . Ales tesame moet sy erken sy het dit tog geniet.

Die eerte twee mande by haar nuwe skool het verby gevlieg. En Lucinda geniet elke oomblik daarvan. Dit is met ‘n half swaar hart dat sy Vrydagmiddag haar goedjies vinnig in pak vir die naweek se kuier in Johannesburg. Sy sien vreeslik daarna uit om weer haar ouers te sien. Maar in die selfde asem is sy half harseer om weg te gaan voor sy sekerheid gekry het oor wat tussen haar en Aiden aan die broei is. Sy het hom nog nie vandag gesien nie. Tant Miemie het gesê hy is vroeg oggend weg na die buurplaas , waar oom Stefan hulle boer. Daar is blykbaar 'n leeumannetjie wat amok maak onder die ander plase. Volgens tant Miemie is Aiden en Duke die beste spoorspan in Olifantskloof.

" En ek spog nou nie omdat dit my kind is nie hartjie vra maar vir enige iemand."

Onthou sy die ou vroutjie se trotse woorde aan haar vroer die oggend.

Met ‘n sug begin sy haar twee klein tasse na die huurmotor dra. Sy weet dat sy nie langer kan uit stel nie. Die tyd stap aan en as sy voor vyf vanmiddag by die huis wil wees sal sy nou moet aanstaltes maak.

Tannie Miemie is besig om in die kombuis vir haar ‘n kosblik vol lekkernye vir die langpad Johannesburg toe in te pak. Sy knip vir haar oog toe, sy die kosblik vir haar aan gee. "Toemaar hartjie ….hy sal nog hier wees as jy terug kom." Lucinda lag hardop vir die gryskop tannie se kraal ogies wat niks mis nie. "Ag ek het net gehoop ek sien hom voor ek vertrek tante."

Sy gee haar ‘n bemoedigende drukkie, voor sy omdraai om nuwe warm opwas water in te tap. "Ek is seker hy sou jou graag wou groet my kind. Maar het jy hom ooit gesê dat jy vir die naweek na jou ma hulle toe gaan? "Lucinda wil eers outomaties ja antwoord maar bedink haar dan. Sy probeer hard onthou of sy hom wel gesê het van haar planne maar besef heellaas dat sy skoon daarvan vergeet het. Sy glimlag verlee vir haar eie verstrooidgeit. "Ag toemaar ek sal die boodskap oordra moet jou nie daaroor bekommer nie kind ." Sy gee haar 'n drukkie voor sy na die huurmotor toe stap. Haar bagasie is min en sy pak die twee tasse somer op die sitplek langs haar. Dan waai sy vir tanie Miemie en val in die pad Johannesburg toe.

Aiden trek sy kakielangbroek effe op en hurk langs die rivierwal. Hulle volg die leeumannetjie nou al 'n goeie paar ure. Dit lyk of hy 'n aleen loper is. Heel moontlik 'n ou tropleier wat uit gewerp is na 'n jonger mannetjie sy leierskap by hom gewen het. Aiden het ook opgelet dat sy linkervoet se spore effens dieper is, asof hy meeste van sy gewig daarop plaas. Wat vir jou een van twee dinge sê of hy is gebreklik of hy het sy regter voet beseer, wat nie onmoontlik is nie. Die omliggende plase is deurtrek met lokvalle vir bere. Die boere vat veediefstal baie ernstig op in die gewestes. Hy kan verstaan dat dit hulle brood en botter is en dat dit moeilik genoeg is om die vee deur die swaar winter te kry sonder om nou nog vee aan 'n honger leeumannetjie ook af te staan. Maar hy wens dat mense nie sulke goed wil gebruik nie. Nege uit tien keer beseer dit net die dier, en dit maak hulle gevaarlik. Dit is dan wanneer jy mensvreters kry. Dit is in elkgeval baie gemeen. As hy enigsins 'n sê gehad het sou die mense nie meer beerstrikke gebruik het nie.

Die water wat kabel oor die rivier bodem maak dit moeilik om enige ander geluide om hulle te hoor. Hy besluit om verder berg op te gaan soek vir die leeumannetjie se skuiling. So ver het hy nog net in die nag gejag. Wat die moontlikheid dat hy in die dag in sy skuiling is waarskynlik maak, heel moontlik 'n grot. Aiden roep vir Duke nader van waar hy nog by die rivierwal staan en water drink. Dit vat nie lank vir die wolfhond om vinnig weer die leeumannetjie se reuk op te tel nie. Dan volg hulle weer die spoor verder berg op.

Twintig minute later volg hulle nog Duke se skerp neus. Die pad voor hulle is dig toe gegroei met boomvarings en struike. Dit is baie moeilik om voetspore te volg in die sneeu. Dit word vinnig weer bedek deur vars sneeuval . Dis hoekom hulle maar altyd, veral in die winter op Duke se betroubare snoet staat maak. Aiden merk op dat die paadjie baie styl begin raak vorentoe. Hy besef dat hulle die leeu nie veel verder sal kan volg nie.

Duke stop uiteindelik teenaan 'n groot rotswand aan die voet van die hoogste bergpiek in Olifantskloof. Daar is 'n duidelike bloedspoor uit 'n opening in die rotswand bo sy kop sigbaar. Die bloed behoort waarskynlik aan die leeu dit weet hy, want die laaste tien linkervoetspore of so was vol bloed.

Dit is al laat en Aiden besluit om vroeg Saterdag ogend terug tekeer na die leeu se skuiling met verdowings pyle. Te oordeel aan die hoeveelheid bloed wat die rots rand rooi gevlek het, is die leeumannetjie ernstig beseer, besig om dood te bloei. Hy sal nie meer veel krag oor he nie maar hy besluit tog om maar eerder vir Duke ook by die huis te los wanneer hy terug kom net vir in geval.

Tant Miemie hoor Duke se bekende blaf deur die lug trek. Sy begin dadelik vir Aiden middagete op skep. Sy weet Duke gaan nêrens sonder sy baas nie, dus sal Aiden op sy hakke volg. Sy het sy gunsteling bredie voorberei. Toe hy jonger was het hy haar altyd gespot dat hulle 'n restourant sal kan oop maak met haar kookkuns. Kos maak was maar nog altyd iets wat sy vreeslik geniet het.

Aiden gooi vir Duke vars water in sy bak, en streel oor die groot kop. "Jy het baie goed gedoen vandag seun. Jy kry sommer drie groot sopbene vanaand." Die groot hond swaai sy stert opgewonde asof hy sy baas verstaan.

Aiden kan hoor aan die klingel van potte en panne in die kombuis dat sy gunsteling tante weer hard sloof voor die warm stoof. Hy het haar gekook vreeslik gemis terwyl sy op vakansie was. Die huis is lekker warm binne. Hy trek sy longe vol van die heerlike brediereuk wat gesellig deur die lug dans. Dan stamp hy sy voete om die meeste van die sneeu en ys van sy stewels af te kry. "Dit ruik heerlik tante. My gunsteling?" Tannie Miemie knik en knip vir hom oog. Sy stap yskas toe om vir hom 'n lekker groot glas melk in te gooi. 'n Glas melk saam met ete is 'n klein bederfie wat tanie Miemie al van sy klein dae af saam bring. Hy stap gang toe om vir Stefan te skakel en te laat weet dat hulle die leeu se skuiling opgespoor het, sodat Stefan en Fanus nie aanhou soek aan die suide kant van die berg nie. Twee minute later lui hy af en stap vinnig terug kombuis toe. Hy wag eers vir tanie Miemie om klaar te skarrel en ook aan tafel te kom sit vir ete. "Kom Lucinda nie eet nie?" Vra hy so tussen sy eerste en tweede hap deur.

" O ja skuus my kind die ou kop is nie meer so skerp soos altyd nie. Ek moes vir jou 'n boodskap oor gedra het. Sy is terug Johannesburg toe." Tanie Miemie geniet die skok en verbystering op Aiden se gesig , want sy weet dit bevestig haar vermoede. Hy het lief geword vir die skone Lucinda. Die wete maak haar ou hart bly. Sy weet dat Lucinda na hierdie kind van haar sal omsien. Sy het geweet die oomblik toe sy haar ontmoet het, dat Lucinda die antwoord is op haar gebede is. Iets wat haar meer en meer bekommer het soos die gryshare op haar kop vermeerder het. Sy het gesien dat Lucinda net soveel omgee vir hom, dit was vir haar so duidelik soos daglig vanoggend. Die kind was wragtig hartseer omdat sy nie vir Aiden kon groet nie. En as haar ou oë haar nie bedrieg het nie is sy seker dat daar iets aan die gang was nou die aand toe sy hier aan gekom het.

Die twee kinders het kompleet soos twee stout kleintjies gelyk wat op heterdaad betrap is met kattekwaad. Lucinda sal goed wees vir hom, hom regtig lief hê met alles wat sy het. En sy sal hom terug lei na die Here toe. Iets wat waar hart al vir jare kwel. Dit glo sy, nie soos daardie Amalia wat net sy hart gesteel het om oor hom te loop nie. Sy laat hom nog 'n oomblik of twee sweet voor sy voortgaan. "Sy het vir haar ouers gaan kuier vir die naweek. Sy is al half twee hier weg moet seker nou al amper by die huis wees."

Aiden voel hoe die verligting oor hom spoel. Sy is net weg vir die naweek. Dit maak hom bekommered hoe geheg hy aan die jong skool juffie geraak het oor die afgelope twee mande. Dit is 'n gehegtheid wat hy nie wil voel nie. Nooit weer nie. Vir geen vroumens nie.

Aiden skyf sy donker gedagtis met mening opsy. Hy smul behoorlik aan sy tante se kos, terwyl hy haar vertel van die leeu en sy planne om terug te gaan met verdowings pyle. Hy vra ook vir haar om solank rond te bel vir 'n wildsplaas of dieretuin wat in die mannetjie sou belangstel. Hy mag dalk die titel van 'n jagter dra , maar hy het nog nooit die hart van een gehad nie. Al die diere wat hy al van kant gemaak het was uit noodsaaklikheid. Almal noodlottig gewond en gelos om hulle dood te bloei. Dit maak hom briesend. Sulke goed gebeur net wanneer die stads jappies kom jag en nie weet wat hulle doen nie. Hulle wond net die diere en as die dier nie dadelik val nie los hulle hom en skiet 'n volgende een. Te lui om die bloedspoor te volg en hulle vlater reg te maak. Dit is vir hom altyd swaar om 'n einde aan hierdie diere se leiding te maak.

Die aand is bitterkoud. Aiden staan by die agter deur en roep na Duke. Hy wil homself verbeel dat selfs die huis vir hom kouer voel vanaand al brand die kaggel gesellig. Kan dit wees omdat Lucinda nie hier is nie. Hy wonder of sy haar kuiertjie geniet. Duke kom eindelik nader gedraf en druk sy koue snoet teenaan Aiden se hand, dit bring hom terug uit sy gedagte wêreld. Hy druk die deur toe en gaan neem weer sy plek in op die leun stoel voor die kaggel. Duke het hom ok nou lekker uit gestrek op die mat en gee net elke kort kort tevrede snorkies.