Die Jagter van Olifantskloof by Brenda Botha - HTML preview

PLEASE NOTE: This is an HTML preview only and some elements such as links or page numbers may be incorrect.
Download the book in PDF, ePub, Kindle for a complete version.

 Hoofstuk 8

Lucinda geniet die kuier by die huis veel meer as wat sy verwag het. Haar ma hang behoorlik aan haar lippe. Sy vertel van die klein skooltjie wat hoofsaaklik eers ‘n ou skuur was ,maar met die hele gemeenskap se saam span is dit omskep in n volwaardige skool. Lucinda het vreeslik verlang na haar ma en hulle laataand kuier sesies. Van dat sy kan onthou was haar ma maar nog altyd haar beste vriendin en vertroueling. En selfs al bel sy haar gereeld verlang sy om fisies na aan haar te wees. Na haar drukkies en bemoedigende woorde wanneer dit die nodigste is. Saam word daar laat Vrydagaand gegiggel oor die jagter van Olifantkloof wat Lucinda se hart verower het. Na een het haar pa begin beswaar maak dat die tyd van kuier nou verby is. So is hulle toe eindelik almal half twee bed toe.

Die reuk van vars gemaakte koffie en ontbyt groet Lucinda Saterdagoggend. Sy wikkel haar self onder die komberse uit. Niks is so lekker soos jou ma se kos nie. Sy glip haar japon en hasiepantoffels aan , voor sy die trappe af draf na die oorsprong van die heerlike reuk wat die huis vol hang.

Soos sy verwag sit haar pa aan die punt van die eetkamer tafel koerand in die een hand en sy beker koffie in die ander. Sy kan haar ma in die kombuis hoor klaar maak met die laaste ontbyt voorbereidings. Dit is 'n vertroostende gedagte dat sommige dinge nooit verander nie. Sy soen groet haar pa voor sy kombuis toe stap om haar ma te help.

"Wat is julle dames se planne vir die dag?" Vra haar pa terwyl hy vir hom nog 'n porsie eiers en spek inskep. Haar ma tik hom speels oor sy hand toe hy die botter ook nader hark. "Hey meneer cholesterol , daardie eiers het meer as genoeg botter in. Haar pa glimlag liefde vol vir sy vrou,trek haar nader vir 'n soen terwyl hy die botterbak skelm ongesiens verby haar probeer kry .Lucinda lag uitbundig vir die twee se speletjie. Haar ouers is na agt en twintig jaar nog so lief vir mekaar soos aan die begin.

'n Gedempte sug onglip Lucinda se lippe. "Wat is fout my kind?

O nee niks nie mamma . Ek dink somer maar net." Haar ma knyp die punt van haar neus speels. "Aan die jagter van Olifantskloof te oordeel aan daardie sug." Sy glimlag verlee en knik net. Haar ma gaan sit op haar pa se skoot. Sy speel met die hare wat in sy nek krul. "Ons dogtertjie is smoor verlief bokkie." Haar pa glimlag liefdevol vir haar. " Verlief ga sy is te jonk om verlief te wees." Lucinda lag vir haar pa wat nog altyd reken sy is 'n klein dogtertjie.

Die winkelsentrum is tjok en blok vol en Lucinda sukkel om parkering te kry. Haar ma het al haar ou vriende oor genooi vir 'n spitbraai. Sy het aangebied om ales wat nodig is te gaan aankoop. Sy wou in elk geval by 'n ordelike klere winkel uit kom om nog warm klere te kry. Sy het 'n kas vol winters klere maar die koue in Olifantskloof is 'n ander soort koue en sy dra dikwels drie stelle klere bo oor mekaar. Sy draf vinnig deur die wikels. Sy wil so gou moontlik weer tuis kom om haar ma te help. Dit is immers vir haar wat haar ma soveel moeite doen. By die huis gestop sit haar pa handjie by om die klomp pakkies in die huis te kry. "Shoe my kind is daar nog klere in die winkels oor." Sy lag goedig vir haar pa se tergery. Haar ma is reeds fluks besig in die kombuis. "Kan ek vir ma ook kooldrank skink?

Dit sal lekker wees dankie my kind. Het jy ales gekry waarna jy gesoek het?

Ja mams ek het die winkels leeg gekoop." Sy help haar pa die laaste goedjies uit pak voor sy ook help om die aartappels te skil. Haar ma se aartappelslaai is legendaries. Sy het al tien jaar in 'n ry kok van die jaar by die kerk se jaarlikse bezaar gewen. En nie omdat sy die pastoor se vrou is nie.

Helena hou haar dogter onderlangs dop. Sy is in haar eie droom wêreld. Staar net voor haar uit. "Hoekom sê jy hom nie net hoe jy voel nie?" Haar ma se stem dwing Lucinda se gedagtes weer terug Johannesburg toe. Sy glimlag verstrooid vir haar moeder. "Skuus het mams iets gesê?" Haar ma herhaal haar vraag, al haar aandag nou op haar dogter gespits. Lucinda vryf oor haar slape. "Dit is nie so maklik nie. Daar is komplikasies." Haar ma trek haar wenkbroue op."Is daar 'n ander vrou?" Lucinda is somer vies vir haar ma se afleiding. " Nee natuurlik nie ma! Wel nie regtig nie." Haar ma kyk haar verward aan. " My hemel my kind. Dis 'n eenvoudige vraag is daar of is daar nie 'n ander vrou nie? Jy kan nie jou geluk op 'n ander een se ongeluk bou nie. Dit weet jy goed." Helena vryf besorged oor Lucinda se hand. "Nee ma daar is nie iemand anders nie. Maar daar was iemand voor my. Hy het haar baie lief gehad en sy het hom verraai. Ek ken nie die fyn besonderhede nie, net dat hy nou geen vrou naby sy hart vertrou nie.

En ek is bevrees ek het my hart op hom verloor."

Helena trek haar styf teen haar vas. "My bokkie as dit moet wees, sal dit wees. Vertel hom hoe jy voel. En as hy nie kans sien nie. Dan beweeg jy aan. Dit help tog nie jy mors jou lewe op 'n man wat nie bereit is om julle liefde 'n kans te gee nie."

Lucinda weet wat haar ma sê waar is, maar die blote gedagte om hom op te gee maak haar siek. Sy weet nou verseker dat sy lief vir Aiden Sonnekus is, oneindig lief. Maar as hy nie dieselfde oor haar voel nie sal sy doodeenvoudig 'n ander blyplek moet kry. Dalk sal oom Stefan hulle haar in neem tot haar jaar prakties verby is? Een ding is seker as Aiden nie haar liefde beantwoord nie kan sy nie meer onder sy dak bly nie. Om hom so naby te he sal marteling vir haar siel en haar hart wees. Die ander probleem wil sy nie eers vir haar ma noem nie. Sy ongeloof is definitief 'n struikelblok waaroor sy nie sal kan kom nie. So voor sy enige liefdes verklarings maak sal sy eers die Here aan hom moet voorstel.

********

 Sy trek haar vingers deur die dik laag conditioner op haar hare. Sy wil tog goed lyk vanaand. En as sy nie haar hare goed behandel nie, kry sy niks met die krullebos uit gerig nie. Die warmskuim water vertroos haar moeë liggaam. Die innerlikewroeging put haar fisies en geestelik uit. Kuiergaste gaan oor 'n halfuur arriveer en sy sien baie uit na die vrolike aand wat voorlê.

Die aand verloop seep glad met haar ma die wonderlikste gasvrou soos altyd. Die kos is heerlik en almal prys haar pa se spitbraai vermoeë. Hy geniet die aandag en sy en haar ma lag vir mekaar toe hulle dit altwee gelyk opmerk. Almal kan nie uitgevra raak oor die sneeu nie. Dit is veral die mans wat taamlik teleurgesteld is oor sy nog nie geleer het hoe om te sneeuski nie. Die aand is 'n groot sukses en teen elfuur is al die gaste huis toe. Die manne het geneul om nog te kuier, maar pa het hulle gewaarsku dat almal Sondag oggend in die kerk moet wees. Anders is daar perde. Dit het hulle vinnig van plan laat verander. Met die dames wat almal ingespring het was ales opgeruim en terug op hulle plek voor hulle vertrek het. Dit was vir Lucinda 'n verligting. Sy was lekker moeg en glad nie lus om tot middernag nog te moet opruim nie. Slaap was deur almal in die Jakobs huis met ope arms ontvang.

Sondag moet Lucinda weer in die pad val. Die ou huurmotortjie is tot bo vol bokse en aperate wat sy nodig het vir haar klaskamer by die skool. Die groetery was 'n hewige tranedal en die grimering wat sy kerk toe aan gehad het lê nou in dik groen strepe oor haar wange. Teen die halfpad merk is sy nie meer so hartseer nie want, daar borel weer 'n opgewondenheid in haar gemoed op. Sy kan nie wag om Aiden weer te sien nie. Sy trap die brandstofpedaal by die gedagte effens harder. Teen laat skemer kom die oprit na Aiden se huis insig . Sy voel verlig by die gedagte, dat sy by die huis is, wanneer het sy van Aiden se huis begin dink as hulle s’n. Sy sal dringend iets moet doen. Sy sal so gou moontlik haar gevoelens aan hom bekend moet maak of trek.