Die Jagter van Olifantskloof by Brenda Botha - HTML preview

PLEASE NOTE: This is an HTML preview only and some elements such as links or page numbers may be incorrect.
Download the book in PDF, ePub, Kindle for a complete version.

Hoofstuk 6

Die Vrydag middag eenuur skoolklok bring vir die juffrou van die graad drie klassie groot verligting. Haar konsentrasie was glad nie by haar werk vandag nie. Eidelik is haar gedagtes al vir die afgelope week glad nie by haar werk nie. Sy verwens die skoenlappers wat elke kort kort in haar maag kom baljaar. Sy sluit die klaskamer deur agter haar en sug verlig.

Die windjie byt geniepsig aan haar wange. Sy trek die dik sneeubadjie se kappie bietjie stywer vas. Die koue is iets wat sy seker nooit sal gewoond raak nie.

Johan de Bruin sit reeds in sy motor en wag vir haar. Hy wuif vriendelik terwyl hy solank die deur vir haar oop maak. Sy skuif langs hom in en trek die motordeur vinnig toe. Die verhitter van die motor maak gou haar gevriesde vingers warm. Johan gesels aanmekaar oor ditjies en datjies, hy is die graad twee meneer en onderhoof van die skooltjie. Hy was so gaaf om vir haar n saamry geleentheid aan te bied skool toe en terug, maar so ver probeer hy ook elke middag haar kry om hom in te nooi vir koffie. Gewoonlik met baie subtiele skimpe, vandag val hy sommer met die deur in die huis. Hy hou Lucinda aan die arm terug toe sy die motordeur oop stoot "So hoe lyk dit met 'n bietjie koffie?" Hy glimlag hoopvol en sy stem is vol verbloemde bybedoelings. Lucinda weet dat hy baie meer as net 'n koppie koffie van haar soek. Hy het sy intensies teenoor haar al met die eerste dag by die skool duidelik gemaak. Inteendeel hy het dit net so in soveel woorde gesê . Sy het eers gelag vir sy reghuid benadering , maar hy het haar vinnig verseker dat hy dood ernstig is oor die saak. Sy lag verlee vir die pleitende uitdrukking op sy skraal gesig." Ag kom nou ,gee my net 'n kans?" Haar opgewekte lag vul die motor. Hy knip sy oë vinnig in 'n laaste smeek probeerslag. "Dis nie my huis nie. Ek kan nie sommer net gaste onthaal nie." Johan se gesig sak merkbaar , dit laat haar hart smelt. "Ek sê jou wat ons maak 'n plan om volgende week na skool 'n koffie iewers te gaan drink." Die glimlag wat oor Johan se gesig sprei is pure oorwinning. Lucinda voel onmiddelik spyt dat sy geswig het. Sy drafstap die entjie huis toe, voor voordat sy nog beloftes maak waaroor sy gaan spyt wees.

Die huis is binne donker en verlate. Sy wonder waar Aiden is. Na die spektakel met Ivy het hy kom onverskoning vra en laat weet dat hy vir ‘n paar dae weg gaan wees. Dat daar dinge is wat hy moet uitsorteer.

Dit het haar nuuskierigheid geprikkel maar sy het nie uit gevra nie. Net stip voor haar gekyk terwyl sy haar boek oorgetrek het. Sy kon hom nie in die oë kyk na die gebeure op die dak nie. Sy was te bang dat hy haar sal lees net soos die einste boek, 'n oop boek wat vir hom sal verhale vertel oor die gevolge van die soen, en sy is self nie seker hoe sy wil hê die staaltjie moet uitbrei nie. Sy het hom vanoggend hoor insluip net voor vier hy het so sag moontlik probeer beweeg, maar al die jare se op haar hoede wees in die stat het van haar ‘n baie ligte slaper gemaak.

Sy skut die sneeu van haar baaitjie af voor sy dit oor die hangstok langs die deur hak. Haar sneeustewels skop sy sommer ook daar voor die deur uit. Sy wikkel haar tone in 'n poging om warm bloed deur die gevriesde punte te forseer. Die huis is vreeslik koud. Iets wat sy nog nooit agter gekom het nie, want Aiden hou altyd 'n gesellige vuurtjie in die kaggel aan die gang. Haar wolkouse het nat geword deur haar stewels en sy los nat voetspore agter haar. Sy stap kombuis toe om die ketel aan teskakel. Haar drie vuil koppies van die vorige middag is nie meer in die wasbak nie. Duidelik het sy haar nie verbeel nie, Aiden is terug. Hy los nooit 'n koppie in die wasbak nie. Sy voel skuldig dat sy nie haar koppies uit gespoel het nie, maar dit was so koud sy wou nie haar hande nat maak nie. Die voordeurklokkie lui skielik en laat haar wip soos sy skrik. Die loergat is te hoog vir haar om deur te sien al staan sy op die punte van haar tone, sy besluit maar op die tweede beste opsie en vra "Wies daar?"Die stem van anderkant die deur is onbekend en laat haar effens ongemaklik voel. Sy besluit om vir haar instink te luister en nie die deur vir die vreemdeling oop te maak nie. Tien minute lank verduidelik sy deur die toe deur hoekom sy nie die vreemdeling kan laat in kom nie. Maar die vent begryp blykbaar nie die konsep van nee nie.

Die gestryery word darem stop gesit deur skreeuende bande. Wat klink soos Aiden se viertrek. Halsoorkop pluk sy die deur oop en is verlig om Aiden te sien agter die stuurwiel van sy groot vuilgroen viertrek. Die vreemdeling die ene Richard Marits het sy volle aandag toegespits op Lucinda wat Aiden verlig inwag. Hy bestudeer haar van kop tot tone en glimlag soos ‘n agterbakse jackals. Sy lang blonde hare en ys blou oë laat hom nogal na fabio lyk. Lucinda voel sy oë oor haar liggaam gly en kan haar ongemaklikheid nie wegsteek nie. Sy pluk aan haar lang trui om alles nodig te bedek, steeds voel dit vir haar die man het al haar klere met sy oë afgestroop. Lucinda se moed sak tot inhaar skoene toe sy sien Aiden is nie vriendelik soos sy verwag het nie, maar lyk eerder soos ‘n donderwolk. Sy oë vertoon pikswart van woede. Skoon benoud sluk sy aan die angs wat in haar keel op stoot.

Die vreemdeling langs haar se stem draal langs haar oor."Geen wonder jy wou nie die deur vir my oop maak nie, met ‘n lyfie soos daai is jy seker altyd bang iemand probeer jou misbruik, of hoe ou poplap?"Vir een of ander rede voel die kompliment meer soos ‘n dreigement. Lucinda kyk verskrik toe Aiden op haar afstorm soos ‘n brulende leeu op sy prooi. Sy hand sluit met mening om haar bo arm. Sy kreun van die skielike pyn wat deur haar arm en skouer skiet .

"In die huis in vir wat maak jy die deur oop vir vreemdelinge?"Hy wag nie op haar antwoord nie stuur haar net met geweld in die huis in en klap die deur agter haar toe. Richard hou hulle geamuseerd dop. Hy byt die situasie behoorlik uit."Ag kom nou Aiden laat sy nog ‘n rukkie speel, ek sal haar nie breuk nie, belowe. In elkgeval is ek tog nie ‘n vreemdeling nie ons het mos al baie gedeel."Aiden stamp Richard laat hy sy balans verloor en op sy agterstewe te lande kom."Sy is nie Amalia nie! En jy hou jou vuil kloue van haar af hoor jy my?"Richard staan lui op en stof hom moeisaam af."Ons sal sien, geen vrou kan my sjarme weerstaan nie Sonnekus."

Binne twee tree is Aiden tot teen aan Richard en die eerste vuis hou het reeds geval. Richard kreun van die pyn en probeer onder Aiden se greep uit kom. Aiden sleep Richard aan sy nek na sy duur Italiaanse sportmotor toe. Hy pluk die deur oop en smyt Richard behoorlik in. "Kry jou ry Marits jy het niks meer hier verloor nie!"

Lucinda hou die hele gedoente deur die venster dop. Dankbaar dat sy nie die arme vent is wat nou met skreeuende bande en ‘n bloed neus weg jaag nie. Sy bekyk Aiden tot hy by die deur in kom.

Sy neus was skaars by die deur in of sy val hom aan met soveel moed as wat sy kon bymekaar skraap. "Ek is gun ‘n kind dat jy my kan hiet en gebied nie meneer Sonnekus." Aiden staan nog net so in die deur met sy hand steeds op die deurknop. Lucinda sien hoe al sy bloed na sy kop toe op stoot en sy hele gesig bloedrooi verkleur. "Jy bly in my huis en sal by my reëls in val juffrou Jacobs !En daardie vent is nie welkom in my huis nie as jy met hom wil karwy doen dit asseblief op ‘n ander plek." Hy skree nou net so hard soos sy. Lucinda stamp haar voete soos ‘n stout kind wat nie haar sin kan kry nie. "Ek het nie gesê ek wil saam met hom kuier nie, ek ken die man van geen kant af nie!" Aiden vryf oor sy voorkop om van die spanning te probeer ontslae raak. "Nou vir wat staan jy dan die deur en oop maak vir ‘n vreemdeling?" Raas hy nou minder kwaai. Lucinda is nog hopeloos te kwaad om die stryd af te staan en vetel vir hom mooi waar Dawid die wortels begrawe het. Maar haar opponent het blykbaar besluit hy sal eerder vir haar staan en lag as om verder met haar te baklei. Wat natuurlik die vuur in haar nog meer stook.

Aiden kyk hoe die meisiekind voor hom omtrent op en af spring van woede. Hy kan nie help as om maar vir haar te lag nie want as sy so vies raak steek sy haar astrante neusie punt in die wind.

Binne twee sekondes is hy tot teenaan haar en tel haar gemaklik op aan haar sitvlak. Die vuur van baklei is onmiddelik uit Lucinda geblus. Outomaties gly haar bene om sy middel en kruis agter sy rug.

Sy soen is intiem en besitlik. Lucinda is meer as gewillig om hierdie vredesoffer van hom te ontvang. Om die waarheid te sê van daardie laaste soen is dit iets waarna sy gehunker het maar nooit aan haar self wou erken het nie. Sy het haarself keer op keer gevang staar na daardie ongelooflike mond van hom. Maar hierdie ontmoeting van hulle lippe is anders .Hierdie soen sal die aarde van sy as af ruk. Nog geen ander man kon so 'n reaksie uit haar lok met so min moeite nie, sy is mos 'n ordentlike meisie. Ag tog flip ordelikheid, sy kruip dieper in sy soen.

Aiden gun homself net nog twee minute van kop verloor waarin hy hierdie donkerkop indrink met sy hele wese. Haar smaak haar reuk haar hele wese. Hy trek sy kop stadig weg maar gee haar nog ‘n paar ligte soene vol op haar sagte mond asof om hom stelselmatig van haar te verlos. Asof hy nie die krag of wil het om hom van haar bedwelming te bevry nie. Stadig laat sak hy haar terug grond toe maar, trek haar dadelik styf teen aan sy bors en hou haar ‘n paar sekondes vas. Hy rus sy lippe op die kroon van haar kop. Lucinda kyk op in Aiden se smeulende oë en wonder wat in sy kop aan gaan maar waag dit nie om hierdie sprokiesagtige oomblik te versteur nie. Dit lyk nie of enige een van hulle gereed is om afstand te doen van mekaar nie. Dis die geluid van sleutel in die deurgatjie wat hulle terug dwing aarde toe.

Lucinda spring eerste om die deur oop te maak. Aiden trek haar speels terug."Het ons nie nou net baklei oor jy die deur somer so oop maak nie."Terg hy haar. Sy kyk hom verwytend aan. "Maar jy is mos nou hier."Verdedig sy haar vinnige reaksie. Sy trek die groot houtdeur stadig oop. In die deur staan ‘n ouerige vroutjie in warm vakansie klere en twee koffers een in elke hand. "Tanie Miemie welkom terug!"Aiden lig die kort ronde vroutjie in die lug op en draai haar ‘n paar keer in die rondte. Haar kort armpies en voetjies swaai wild rond. Dit is nogal 'n komieklike gesig. "Ek het lekker verlang hoor."Terg hy die ou vroutjie. Wat hom suspisiehees bekyk."Ja toe nou ‘n gevleiery gaan jou nie uit die moeilikheid uit hou nie." Lag sy klip hard terwyl sy hom ‘n speelse knyp aan die boud gee. Lucinda sien die ligte blos aan tannie Miemie se wange sy was maar alte bly Aiden het haar gemis. Toe eers sien sy vir Lucinda raak wat nog net so agter die deur staan.

"En die pragtige meisiemens?"Sy druk Lucinda styf teen haar bors vas. Tanie Miemie was maar nog altyd 'n vredeliewende mens, sy aanvaar almal. Aiden stel hulle aan mekaar voor en vertel ook somer in kort vir sy tante hoe sake verloop het dat sy nou daar tuis gaan. Miemie stoot Aiden voor uit en beduie na die ketel."Ja toe toe ek is seker die kind het ‘n tong. Sy kan my somer self ales vertel. Gaan maak jy eerder vir ons "girls" ‘n lafenissie."

Aiden lag verlee en tel tanie Miemie se tasse op. Hy gee haar 'n pik soen op die wang. "Ek is bly tante is terug." Dan verdwyn hy in die gang af.

Teen elfuur kuier Lucinda en tanie Miemie nog steeds lekker om die kombuistafel. Dit voel vir Lucinda of sy al haar hele lewens verhaal aan die ou vroutjie vertel het. Moeg vir haar eie stem en stories probeer sy subtiel meer uit vis oor Aiden? Want van die bietjie wat sy so tussen deur haar eie lewensverhaal gehoor het klink dit of tante Miemie 'n groot deel van Aiden se grootword jare was. Aiden het hom gaan uitstrek voor die kaggel in die leenstoel en snork nou klip hard soos hy slaap. Die twee vroue kyk vir mekaar en lag te lekker. Nog ‘n uur kuier hulle so om die tafel voor hulle altwee nie meer ‘n oog kan oop hou nie.

Lucinda is dood op haar voete toe sy uiteindelik tussen die komberse in wikkel. Maar slaap kom nie so maklik as wat sy verwag het nie. Sy draai aan haar beloftering soos sy moet opwerk om te gaan jammer sê vir haar optrede die middag. Heel laas skarel sy weer uit die bed uit om op haar knieë met die Heer te gaan gesels. Kort voor lank loop die trane en sy vra meer as net verskoning dat haar liggaam deesdae die oorhand oor haar verstand kry. Maar sy vra ook vir Aiden. Sy bemin hom en wil hom graag haar man maak. Maar sy weet dat as hy nie eers die Here vind nie sy nooit hom sal kan hê nie. Want bo ale dinge in die wêreld wil Lucinda 'n man hê wat haar kan lei wat saam met haar die Here kan dien, want niks op aarde is vir haar meer werd as dit nie. Sy wil nie noodsaaklik 'n pastoor hê vir 'n man soos haar pa nie. Maar definitief 'n man wat God lief het bo alle dinge. En dit is waaroor haar hart ween voor die Here.Sy weet haar hemelse Pappa sal die situasie vir haar hanteer. En as dit nie Sy wil is vir haar om Aiden as man te hê nie, weet sy dat Hy haar die krag sal gee om aan te beweeg. En dit laat haar rustig insluimer ale hartseer vergete.