Lucinda is dankbaar dat die skool uiteindelik na dae open. Sy verneem dat dit 'n algemene ding is dat die skool sluit tydens kragtige sneeustorms. Teen tweeuur stoot sy haar kamerdeur oop, baie tevrede met hoe haar eerste dag verloop het. Haar nuwe kolegas is vriendelik en aangenaam net soos almal wat sy al hier in Olifantskloof ontmoet het. Die kinders het haar somer dadelik aanvaar. Die klaskamer kort 'n paar essensiële maar sy behoort darem alles te kry in die bokse wat gestoor is in haar motorhuis in Johannesburg. Sy besluit om een of ander tyd 'n naweek huis toe te gaan om alles wat sy kort te kry en somer bietjie by haar ma-hulle te gaan oë wys.
Sy plons op haar bed neer en sluit haar oë. Sy sien weer voor haar geestes oog die spul jong gesiggies wat haar dophou met ywer. Bree glimlagte as sy hulle keer op keer veras met interessante feite. Opgewondenheid borel in haar op oor die jaar wat voorlê. Sy is tog dankbaar dat sy besluit het om haar jaar prakties hier te kom doen, want hier kan sy regtig 'n verskil maak.
Dit is al skemer toe Lucinda uiteindelik haar voorbereiding vir die week neer sit. Sy is te vrede met wat sy alles gedoen gekry het. Haar werk maak haar gelukkig en sy geniet dit vreeslik. Haar pa het altyd gesê dit help nie jy jaag geld na nie. Doen eerder iets wat na aan jou hart lê ...iets wat jou gelukkig maak. Jy spandeer 'n groot deel van jou lewe by jou werk.
Sy stap na die venster toe. Die knippie is koud tussen haar vingers. Die oomblik toe sy die venster oop het maak warm asem met koue lug kennis en vorm wit wolkies wasem. Sy trek die koue lug diep in haar longe in. Vars lug maak haar altyd wakker. Sy het maar min geslaap gekry die vorige nag. Sy was so opgewonde en terselfde tyd so gepanne oor die dag wat vir haar voor gelê het.
Die wêreld buite is bedek met 'n spierwit kombers van sneeu. Die uitsig van hierdie hoogte af is asemrowend sy wens sy kan nog hoër op kom, sy wonder of sy op die dak sal kan klouter. By die huis het sy altyd op die dak gesit en sterre gekyk. Sy steek haar hand uit om die sneeuvlokkies te vang, dis koud en klam. Die hitte van haar vel laat die vlokkies vinnig in waterdruppels verander. Rillings van pure genot gly teen haar ruggraat af. Die sneeu was een van die dinge waarna sy vreeslik uit gesien het toe sy besluit het om hier heen te kom. Maar Aiden se dreigement die eerste dag dat die sneeu haar in 'n lyk gaan verander het haar skoon afgeskrik sy waag dit nie om buite in dit te baljaar soos haar graad drietjies nie, nee sy bly maar eerder veilig in die huis.
Aiden borsel die sneeu uit Duke se dik winterpels. Van waar hy op sy hurke langs die Rusiese wolfhond sit kan hy Lucinda sien. Sy hang halflyf by haar kamervenster uit. Haar tong is ver uit gesteek soos sy die sneeuvlokkies op haar tong probeer vang. Aiden lag saggies by homself terwyl hy Duke se pels streel. Duke snork ongeduldig as Aiden te lank vat met die volgende bevredigende strook oor sy nek en rug. Aiden lag en antwoord sy jare lange vriend asof die hond met hom gepraat het. "Ja seun ek dink ook sy is te oulik vir haar eie bes wil. Sy maak weer dinge in my wakker wat ek geglo het al lankal morsdood was. Maar nou ja sy moet maar haar gang gaan, vroumense kan jy nie vertrou nie. Hulle speel net met jou hart."
Lucinda bekyk die growe klipmuur van die huis. Daar is nie eintlik sneeu aangepak nie. Die klippe voel droog en stewig. Sy reken as sy versigtig klim behoort sy in 'n jap trap op die dak te kom. Sy swaai haar bene oor haar venster bank en begin die laaste twee meter van die muur uit te klim. Die dak is glad en glibberig, die sneeu op die dak is nie soos die op die grond nie. Die bietjie sonskyn van die dag het die eens sagte sneeu in 'n dik laag harde ys verander, baie gladde harde ys. Lucinda kan nie haar vinger punte mooi om die dak teels kry nie die ys is te glibberig. Die opgewondenheid om die wêreld van die dak af te sien is nou heeltemal vergete sy voel hoe haar hele liggaam lam raak van vrees, dit was nou nie een van haar brlijantste planne nie. Benoud begin sy gil om hulp. Sy hoop net dat iemand haar sal hoor of sien en kom help. Sy kyk geskok hoe haar vingers vinnig hulle greep op die dakteel verloor. Beangs knyp sy haar oë styf toe. As dit nou haar einde gaan wees wil sy dit eerder nie sien nie.
Haar hart klop so hard in haar oore, sy is seker hy gaan enige oomblik ontplof. Sy gee nog 'n laaste desperate gil om hulp. Net toe sy haar vingers voel gly en 'n gebed na bo skiet klem 'n yster greep om haar gewrigte. Sy word hardhandig op gepluk, en voel hoe sy teen iets hard maar warm telande kom. "Ag dankie Jesus!" Sê sy hardop toe sy veilig voel. Toe sy op loer kyk sy in Ainden se oë vas. Sy arms is soos gordels om haar bewende lyf toe sy agterkom dat sy veilig is, veilig in sy arms.
Hy rol 'n stuk van die veiligheids tou wat hy om sy middel vas gebind het af en bind dit om Lucinda. Sy klou so vir al wat sy werd is aan sy nek vas. Dit maak die taak nou nie eintlik vir hom maklik nie. Nou dat sy veilig is en die grootste skok verby is, is hy woedend. Hy staar haar aan met moord in sy oë. Wat de hel het die meisiekind gedink? Sy kon haar nek gebreuk het. Sy keel dreig om toe te trek by die blote gedagte daaraan. Die gevoel van absolute magteloosheid het hom onverhoeds betrap. Toe haar oë vol trane skiet en 'n snik glip by haar mond uit verloor hy al sy veg lus en druk haar stywer teen hom vas. Vertroostend streel hy oor haar hare. "Toemaar, toemaar jy is nou veilig."
Aiden se sagte fluister teen aan Lucinda se hare, vertroos haar hele wese. Dalk omdat sy weet sy woorde is eg. Sy weet sy is veilig by hom. Hier in sy sterk arms voel sy veiliger as wat sy in haar hele lewe nog was. Sy kyk op is sy oë. Stadig vleg sy haar vingers deur sy kort hare en trek sy kop af met 'n vurigheid wat sy nie geweet het in haar is nie brand haar lippe op syne. Met eens is sy hande in haar klam hare hy trek haar nog nader om die soen te verdiep haar mond is vluveel sag onder sy lippe nog nooit het hy so 'n dors ervaar nie. Die soen ontbloot die geheime van hulle harte aan mekaar, geheime wat hulle nog nie eers aan hulle self erken het nie. Dit is Aiden wat eerste tot sy sinne kom en haar net n entjie weg stoot maar nog steed vashou. Hy gee haar nog drie laaste pik soene so asof hy nie die konneksie stomp af wil breuk nie. Dan lei hy haar na die oop dakpaneel wat versteek gelê het onder die laag sneeu.
Die nag is vir Lucinda warm en bedompig. Alhoewel sy weet dat dit steeds sneeu buite. Die hitte wat haar liggaam so warm en ongemaklik laat, kom van diep binne in haar. Haar gedagtes is gevul met flitse van Aiden se mond op hare. Hulle het nie veel gepraat na die avere op die dak nie, gedurende aand ete het hulle net bolangs en baie beleefd gesels. Dit het haar drie ure se rond rol gekos voor sy eidelik weer kennis maak met sy lippe in haar drome.