Esther se Getuienis by Esther du Toit - HTML preview

PLEASE NOTE: This is an HTML preview only and some elements such as links or page numbers may be incorrect.
Download the book in PDF, ePub, Kindle for a complete version.

My kleed

Ek was bekend as die ouma met die jean, T-shirt en tekkies. Met ‘n rugsak waarin ek alles van die winkel op my rug gedra het. Ek het nie ‘n motor op daai stadium gehad nie. My motor was gesteel.

‘n Meisie het in ‘n gesig gesien ek het ‘n stuk turqoise materiaal in my hande en ek draai dit so om lyf (dis nie ‘n rok nie maar ‘n los lap) en ek is vrolik.

Een oggend loop ek na die winkel en my oog val op ‘n klomp verskillende kleure sjirongs. Ek het op daardie stadium nie geweet wat maak mens met dit nie. Later het ander dit aan my verduidelik dat die meisies dit bo oor hulle swemklere of as ‘n romp. Jy bind dit om jou op verskillende maniere. In die winkel hoor ek: “Koop vir jou twee turquiose sjirongs”. Ek het glad nie geweet wat ek met dit moet doen nie. Op ‘n dag haal ek dit uit die laai en vra: “VADER, wat moet ek met dit maak?” Hy wys vir my presies hoe ek dit om my moet drapeer en bind. Hy sê: “Dis jou kleed van nou af.” VADER laat my nog kleure koop en ek begin dit dra. Oral waar ek loop trek my klere die mense na my toe en dan kan ek getuig van JESUS en ander help om ‘n oorgawe te maak en ook bid vir die wie vra vir gebed. Toe ek oorsee vertrek was dit my klere en oral waar ek loop trek die klere die mense na my toe en vra hoekom trek ek so aan. In Turkye, Singapore en Thailand. Dit gee my die geleentheid om te getuig wie JESUS is en wie is die ware GOD. Ek was 3 jaar in Thailand. Ek het by verskillende skole klas gegee, kampe gedoen en selfs onderwysers en skoolhoofde voor klas gegee.

Die einde van die 3de jaar sê VADER ek moet terugkom Suid-Afrika toe en dis tyd vir die bruid. Ek het van daardie tyd af net wit gedra met ‘n sluier of sleep. Terug in Suid-Afrika sê VADER vir my ek gaan deur die land reis met die boodskap van die bruid wie gereed maak vir JESUS se koms. Die Bybel gee geen datum wanneer Hy terugkeer nie, maar wanneer ons die Bybel lees en kyk wat in die wêreld aangaan sien ons duidelik dat ons in die eindtyd in beweeg.

VADER bevestig deur ‘n suster wie my skakel en sê sy moet ‘n groot groep nooi en ek moet kom koordans en die bruid boodskap bring.

Ek het gehoor VADER sê: “Maak jou trou kleed net wit en ‘n lang sluier wat agter jou aan sleep”. Daarna het ek geweet ek moet deur die land reis en die boodskap bring dat die bruid haarself moet voorberei vir die koms van JESUS.

Dit is nou n paar jaar later. Ek dra die kleed elke dag en bring die boodskap. Sommige mense verstaan dit ander nie.Ek doen in gehoorsaamheid net wat JESUS my vra. Dis elkeen se keuse en besluit om in gereedheid te kom. Niemand sal kan sê: “Ek het nie geweet nie”.

Singapore

Ek het profesië gehad dat ek oorsee sending werk sou doen. Een oggend word ek wakker uit ‘n droom waar ek om ‘n tafel sit met pastore en ander leiers.

Die een man wat regoor my by die tafel sit sê vir my : “Jy moet R1000 eenkant sit vir ‘n internationale vliegtuig kaartjie.” Ek bid en vra vir VADER dat Hy sal voorsien want ek het dit nie en as die droom van Hom is, dat ek duidelik sal hoor waarheen.

Eendag loop ek na die posbus en kry ‘n brief uit Engeland. Toe ek dit oopmaak is daar Pond in koolpapier toegedraai. Ek neem dit na die bank om Rand uit te ruil. Dis toe op die kop R 1000. Ek kon nie twyfel aan die droom nie. Ek wag om te hoor waarheen. Weereens word ek wakker en sien duidelik in die gees Singapore in ‘n half maan geskryf in hoofletters. VADER bevestig deur ‘n suster dat ek my huis moet ontruim en my tas moet pak. Sy help my om alles in die motorhuis te pak. VADER wys ook wie moet in my huis kom bly.

Ek gaan bespreek my kaartjie na Singapore sonder dat ek die geld het. Dit was Dinsdag. Ek moet die kaartjie Donderdag gaan afhaal. Ons ontruim die huis en maak skoon. Donderdag ry ek om my kaartjie te kry. By die bank gekom, is daar geen geld in my rekening nie. Ek stap na die reisagentskap en vra vir die meisie tot hoelaat het ek tyd om die kaartjie af te haal. Sy antwoord 5nm. Ek sê vir haar : “ JESUS is nooit laat nie” en getuig. ‘n Vrou wat gesit en wag het kom na my en sê in trane: “ Ek het net soos jy in geloof gelewe maar het dit verloor.” En sy huil. Al was dit net vir daardie vrou wat die geld vertraag was. Prys ek JESUS dat Hy haar gehelp het om weer by geloof uit te kom.

Toe ek by die deur uitstap, lui die ou groot selfoon. ‘n Vrou sê sy moet vir my geld in my bank inbetaal die HERE JESUS dring haar om gou te maak. Sy sê vir  my om vir haar ‘n half uur kans te gee. So was ons VADER weereens getrou om te voorsien vir my kaartjie.

Sondagmiddag kom almal my groet. Na hulle weg is het ek R3000 in my beursie. Jy kan nie met so min geld in Singapore wees nie. Dis baie duur en ek het nie eens geweet hoe lank gaan ek daar wees nie. Dit was so wonderlik dat VADER alle vrees by my weggevat het. Ek het net geglo die geld sal inkom soos ek dit benodig.

Ek het ‘n belofte gekry in Genesis 28:15

“En Ek sal met jou wees op jou reis en Ek sal jou oppas en Ek GOD sal jou terug bring na hierdie land. Ek sal jou nooit verlaat nie en Ek sal My belofte aan jou hou”.

In Singapore raak my geld op en weer is daar nie geld in die bank nie. Die laaste dag in die hotel vra ek tot hoe laat kan ek in die kamer bly en hulle sê 12 uur. By ‘n groep het ek ‘n chinese meisie ontmoet. Sy het in haar boekie my naam en die hotel se naam geskryf. Sumerview hotel. Die foon lui langs my bed en toe ek antwoord sê die meisie : “ Auntie Esther, I need you! Don’t say no please don’t say no!”

Ek vra haar wat wil sy my vra en sy sê: ”Auntie Esther please come to my home. I know you will help my mother, my brother and my sister to receive JESUS. You can stay at our home for 5 days. Hotel very expensive, you don’t have to pay us. Please come.”

Ek weet net dis ABBA wat uitkoms gee. Sy kom haal my met ‘n huurmotor en ons ry met die ski train na hulle huis (woonstel). Net die meisie kan Engels praat, haar ma kan groet, haar broer kan so bietjie Engels praat. Die moeder werk bedags en die kinders is nog op skool. Ek maak huis skoon en was skottelgoed en hou my besig. Een oggend wou die seun nie skool toe gaan nie. Hy en sy suster was in die hoërskool. Ek was verkoue weens die lugreëling in die hotel. Ek het op my bed gaan lê. Dit was die seun se kamer. Hy kom sit op ‘n stoel en kyk na my waar ek op die bed lê. Hy sê : “Auntie Esther, I like you.” Ek sê toe: “I like you too.” Hy probeer gesels en toe skielik sê hy: “Auntie Esther, I GOD JESUS.”

Ek het nie geweet hoe gaan ek hom kan help nie. Sy Engels was baie swak en hy verstaan nie alles nie. Ek kon net sê : “Heilige Gees, nou moet U my help.” Ek beduie toe hy moet agter my aan bid. Die woorde kom skeef en krom uit, maar hy gee sy lewe aan JESUS en bid agter my aan. GOD het bo natuurlik gewerk. Hy het so vreugde gehad. Die aand toe sy ma by die huis kom hoor ek net hoe gesels hy in chinees met haar. Die volgende oomblik is hulle by my in die kamer: “My mada want JESUS.” Sjoe!!! Ek sê : “ Dalton, you help mother to pray?” Hy wys met sy kop op en af “Yes”! Ek bid in Engels. Die woorde kom so krom en skeef uit by die moeder en Dalton help eenkant. Ek bid vir die moeder en vra VADER moet help dat sy vol oorgee.

Die meisie studeer bedags en saans werk sy in ‘n restuarant. Sy kom na 12 in die nag by die huis. Ek word wakker en ek hoor net in chinees harde stemme. Die volgende oomblik kom Yvonne die kamer binne en sy huil! Ek vra haar : “What’s wrong? “ Sy sê “Nothing wrong. I thank you. My mother so happy and Dalton tell me you help them receive JESUS. Oh JESUS Thank you. Thank you Auntie Esther.”

Wat ‘n vreugde.

Vrydag oggend in vroeë oggend ure hoor ek: “Vra Yvonne jy wil haar tannie ontmoet.” Ek vra haar en dink, ek gaan haar seker ook moet help om JESUS te aanvaar. Yvonne bel die tannie en sê ons kom. Ons ry met ‘n huurmotor. Die tannie maak die deur oop en kyk my op en af. Ek stel myself voor. Binne sit haar man . Sy vra waar kom ek vandaan en ‘n paar ander vrae. Hulle kan goed Engels praat. Die tannie vra : “ WHERE do you want to go next” Ek sê : “ Well, I would like to go visit my son in Phuket, Thailand. “ Sy kyk na haar man en sê iets in chinees. Sy sê vir my : “We are born again children of GOD and we have to pay for your ticket wHEREver you want to go.” Ek is so opgewonde en vra : “Do you love JESUS?” Hulle sê “YES!!!” Ons het mekaar om die lyf en gee drukkies. Ek getuig wat ek doen en hulle is so opgewonde. Sy vra : “Return ticket? “ Sonder dat ek dink sê ek nee. Haar man bespreek ‘n kaartjie na Thailand vir my en reël alles op sy laptop en selfoon. Hulle neem my na ‘n eetplek en bestel ontbyt. Daarna sê sy: “Gaan terug na Yvonne se huis en pak jou tas. 2nm sal ‘n blou huurmotor jou kom oplaai en lughawe toe neem. Iemand sal jou kaartjie by die huis aflewer. Jy hoef niks te betaal nie.” Weereens voorsien VADER in alles. Prys sy naam. HalleluYAH.